Speaker betoon medelye met Castro se dood
Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het in ''n brief aan die president van die nasionale vergadering van Kuba, mnr. Estaban Lazo Hernandez, sy meegevoel met die dood van oudpres. Fidel Castro Ruz betuig.
“Namens die Nasionale Vergadering van Namibië wil ons deur u ons innige simpatie en medelye aan die Castro-familie en die mense van Kuba oordra vir die groot verlies van kameraad en opperbevelvoerder van die Kubaanse revolusie, Fidel Castro.
“Hy het ''n buitengewone lewe gelei en was inderdaad meer as lewensgroot.
“Hy het baie uitdagings in die gesig gestaar en uiteindelik sy teenstanders oorkom.
“Hy het opgestaan en aan die wêreld verkondig dat hy die bevrydingstryd in Afrika en elders, volgens die ideale van José Marti, teen alle vorms van ongeregtigheid ondersteun.
“Ons in Namibië waardeer die vriendskapsbande wat tussen Namibië en Kuba toegeneem het omdat dit geskoei is op ons gemeenskaplike begeerte vir selfbeskikking.
“Soos sy Kubaanse landsgenoot, Marti, die groot Kubaanse intellektuele denker, sal Castro se bydrae tot ons gemeenskaplike menswees voortleef en voortgaan om revolusionêre beginsels in Kuba en oral oor die wêreld te inspireer.
“Castro se begeerte en energie om ''n beter wêreld te verseker, was geskoei op die Kubaanse kultuur om leierskapbeginsels vir samewerking ''met almal vir die beswil van almal'' te verseker. Dit is die erflating wat die wêreld se revolusionêre reuse agterlaat,” lui die brief van Katjavivi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie