Spanpoging agter St. Paul’s se toer

Die Primêre Skool St. Paul’s neem dié week met beide sy onder 11- en o.13-spanne aan die Salt Refiners krieketfees op Walvisbaai deel. Vier maatskappye het met borgskappe bygedra om die seuns se toer moontlik te maak. Radiowave, hier verteenwoordig deur Genevieve Erasmus, het twee gazebos asook geborduurde krieketpette geborg. Hier mee saam het 3Sixty (mnr. Eddy Olivier) die vervoer van die gazebos vanaf Windhoek na Walvisbaai geborg. Danksy Cycletec (mnr. Frank Bombosch) is krieketklerasie en sportdrankies vir die week aan die spelers beskikbaar gestel. Nog krieketklere het van die PSG Konsult Group (verteenwoordig deur me. Hanli Jacobs) gekom. Die laerskool spreek sy waardering uit teenoor die borge vir hul bereidwilligheid om in die krieketspanne te belê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer