Spanning bou op in Hongkong
Heelwat vrae het ontstaan oor die tydsberekening van klagte wat deur die Hongkongse polisie teen leiers van die 2014-betoging aanhangig gemaak is.
Polisie in Hongkong het gister minstens nege organiseerders van die 2014 pro-demokrasie-betogings gewaarsku dat hulle klagte in die gesig staar, 'n dag nadat die nuwe Beijing-gesteunde leier verkies is.
Dié stap het woede en ongeloof onder demokrate uitgelok en die politieke spanning in die stad verhoog, waar 'n protesbyeenkoms buite die polisiehoofkantoor in die Wanchai-distrik vir gisteraand beplan is.
Die voormalige hoofsekretaris, Carrie Lam, is deur 'n komitee van 1 200 lede as die hoof uitvoerende beampte van die stad verkies. Sy het in haar oorwinningstoespraak onderneem om die stad te verenig, waar politieke verdeeldheid beleidmaking en wetgewende werk in die wiele ry.
Die tydsbereking van die waarskuwings, byna twee en 'n half jaar ná die betogings, maak versoening onwaarskynlik.
'n Sosiologie-professor, Chan Kin-man, een van die protesleiers, sê die polisie het hom meegedeel dat hy op drie klagte, insluitende deelname en aanhitsing van openbare versteuring, tereg sal staan.
Dit is nie duidelik hoekom die owerhede so lank gewag het om klagte aanhangig te maak nie.- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie