Span vir Wêreldbeker in VSA uitgesoek
Perdesport
Die nasionale beheerliggaam vir ruiterkuns (ESSANA, Equestrian Saddle Seat Association of Namibia) het die afgelope naweek sy nasionale proewe by die Rolé perdesportsentrum aangebied.
Ruiters se vernuf is getoets om 'n Namibiese span vir deelname aan die 2018 Wêreldbeker in Lexington, Kentucky in die VSA vanaf 2 tot 8 Julie saam te stel.
Proewe is onder die waaksame en baie deeglike beoordeling van drie senior internasionale beoordelaars van Suid-Afrika, naamlik mnre. Hugo Visser en Jaco Jonker en me. Aretha van Rooyen, gehou.
Oor die drie dae is ruiters se vaardighede deeglik getoets op hul eie perde sowel as die perde van ander deelnemende ruiters.
Punte is toegeken vir ruiterkuns wat insluit die posisie en liggaamshouding van ruiters, beheer van die perd en toepassing van tekens aan die perd om 'n spesifieke gang, beweging of patroon uit te voer.
Die punte wat tydens die drie dae verwerf is, is verwerk en 'n Driegang- en Vyfgang-span is tydens die funksie na afloop van die proewe deur ESSANA-president, mnr. Dieter Neumann, aangekondig.
Die gekose spanlede is Ilde Aggenbach, Caroline Neuman, Amoré Moller, Bianca Moller, Zonnika Cilliers. Die afrigter is Charl Oosthuyzen en die spanbestuurder is me. Mareza Visser.
Die beoordelaars was heuglik verras met die standaard van die ruiters en almal was dit eens dat met verdere afrigting en afronding die spanne deeglik rekenskap van hulself op internasionale vlak sal gee.
Individue en besighede wat 'n bydrae wil lewer of die span wou borg, kan Mareza Visser (081 127 8863) vir meer besonderhede skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie