Span kwalifiseer in kanopolo
Die kanopolospeler Ruben Bosch van Namibië werp alles in die stryd in 'n wedstryd teen Suid-Afrika tydens laas naweek se Afrika-kampioenskap in Windhoek. Die twee buurlande se manspanne het op die eerste dag gelykop gespeel (twee doele elk) voordat Saterdag se wedstryd ook op 3-3 klaargemaak het. In Sondag se beslissende wedstryd het Namibië egter die knoop met 3-1 deurgehaak om te verseker dat hy die Afrika-titel wen. Dit beteken dat die Namibiese mans vir volgende jaar se wêreldkampioenskap in Kanada gekwalifiseer het. Foto Andrew Poolman
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie