Sowat 5 ton ingevoerde hoender vernietig

Vervaldatum verdoesel

09 September 2019 | Misdaad
Ronelle Rademeyer



Nagenoeg vyf ton ­ingevoerde hoender met 'n ­vervalste ­vervaldatum op die ­ver­pak­king is by die Kupferberg-stortingsterrein by Windhoek ­vernietig.

Die direktoraat veeartseny­dienste het op 25 Junie op die hoender beslag gelê, en is 10 dae gelede (op 29 en 30 Augustus) onder toesig van dié owerheid vernietig.

Volgens me. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van landbou, water en bosbou, is op 1 126 kartonne hoender van 4 850 kg in totaal beslag gelê. Dit is via Suid-Afrika uit die VSA ingevoer.

Kalo sê daar was twee verskillende plakkers op die bokse ingevoerde hoender. Die een plakker het aangedui die vervaldatum is 23 Janua­rie 2019. Dit het ook die naam van die produsent op gehad.

Bo-op dit was 'n tweede plakker met 19 Februarie 2020 as vervaldatum. Dit het nie die produsent se naam op gehad nie.

Volgens Kalo is die hoender deur 'n Walvisbaaise sakeman ingevoer wat gereeld hoenderprodukte invoer.

Sy sê dit is wettiglik na Suid-­Afrika ingevoer en toe weer na Namibië uitgevoer.

Kalo het by navraag gereageer en gesê die kwessie is met die invoerder bespreek, wat besef die vervalde produkte hou 'n risiko vir mense se gesondheid in.

Volgens die Namibië Statistiek­agentskap (NSA) is 16 993 ton hoender in 2018 na Namibië ­ingevoer.

Die storting van goedkoop ­buitelandse hoenderprodukte hou 'n ernstige bedreiging vir plaaslike hoenderproduksie in.

Dit is die rede vir die ­ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling se besluit om eerskomende Vrydag 'n openbare konsultasiesessie te hou.

Mnr. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Mills, het vroeër aan Republikein gesê die ministerie “probeer regtig na al die partye luister”, maar dat 'n besluit oor die plaaslike hoender­bedryf binne die volgende paar weke gemaak moet word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike...

10 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds...

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

11 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert...

Chinese vissersbote laat gaan

1 dag gelede | Visserye

Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat...

Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

1 dag gelede | Gesondheid

Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00...

Kos vir hongeres

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te...

Meatco se fabriek heropen Woensdag

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het in die lig van die staatsproklamasie wat die landbouwaardeketting as ’n noodsaaklike diens verklaar en ná gesprekke met die ministers...

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

1 dag gelede | Gesondheid

Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter...

Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer...

Virus knip kruistog kort

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis. “Ek het...