Sowat 200 stukkende voertuie by regeringsgarage op Rundu
Die hoof van die regeringsgarage op Rundu sê 178 voertuie wag om herstel of gediens te word. Die garage maak voorsiening vir regeringsvoertuie uit die Kavango-Oos en –Wesstreke. Volgens Abel Shaapa is net 10 uit die 178 aansoeke vir onderdele sedert September verlede jaar goedgekeur. Die jaarlikse veiling van regeringsvoertuie het ook nie plaasgevind nie, met die waarde van die voertuie wat afneem. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie