Sowat 20 000 onwettige dobbelmasjiene in die land
Sowat 20 000 onwettige dobbelmasjiene in die land

Sowat 20 000 onwettige dobbelmasjiene in die land

Skuiwergate en die feit dat bestaande wetgewing nie toegepas word nie het die ministerie van die omgewing en toerisme genoop om met nuwe wetgewing vorendag te kom.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië het te veel dobbel­masjiene.

Hierbenewens is die meeste dobbelaars in Namibië plaaslik en afkomstig uit lae-inkomstegroepe.

Toeriste wat die land besoek, stel grootliks in die natuurskoon en ­kulturele aktiwiteite belang en is nie hier om te dobbel nie.

Dít volgens die Damaseb- presidensiële kommissie van ondersoek van 1997.

Nou, ná 21 jaar, word uiteindelik op hierdie bevindinge ag geslaan in die oorweging van nuwe wetgewing.

Dít blyk uit mnr. Pohamba Shifeta, die minister van die omgewing en toerisme, se motivering van die wetsontwerp op die beheer van dobbelary en vermaak in die Nasionale Vergadering (NV).

Dié wetsontwerp vervang die ­Ordonnansie op die Lisensiëring van Totalisators van 1938 en die Wet op Kasino's en Dobbelhuise van 1994.



bedreig openbare gesondheid

Volgens Shifeta is die nuwe wet­gewing noodsaaklik vanweë groot tekortkominge wat in die verslag van die Damaseb-kommissie in ­bestaande wetgewing geïdentifiseer is, asook vanweë die globalisering van moderne ekonomieë en nuwe tegnologie in die dobbelbedryf.

Ander bevindinge van die ­kommissie was dat al word sporadiese ­dobbelary nie as problematies beskou nie, dit onderhewig is aan komplekse faktore soos persoonlikhede en die maatskaplike omgewing.

Enige dobbelary het die ­potensiaal om verslawend en patologies te word, wat dit 'n probleem vir openbare ­gesondheid maak.

Boonop word bestaande ­wetgewing nie behoorlik gemonitor en afgedwing nie.

Van die aanbevelings was 'n onmiddellike moratorium op die uitreiking van nuwe lisensies vir dobbelhuise, die beskerming van dobbelaars en die gemeenskap, streng vereistes vir kwalifisering vir dobbellisensies, deursigtigheid, integriteit en doeltreffende wetstoepassing in die bedryf, asook die afdwingbaarheid van dobbelskuld.



maatreëls verander niks

Shifeta sê die nuwe wetsontwerp is daarop gemik om dobbelaktiwiteite in Namibië te reguleer, beginsels vir dobbel en dobbelaktiwiteite daar te stel, die dobbelaar en die gemeen­skap te beskerm, inkomstegenerering en -invordering te ­verseker, asook om 'n raad op ­dobbelary en 'n ­dobbelary-trustfonds op die been te bring.

Hy sê die wet op kasino's en dobbelhuise is in 1996 gewysig om 'n einde te maak aan dobbelhuise wat soos ­paddastoele opgeskiet het.

'n Moratorium is op die toekenning van lisensies vir dobbelhuise geplaas wat ook die tydelike opskorting van dobbellisensies behels het.

Ondanks hierdie maatreëls het die situasie nie verander nie, omdat die wet ook ander tekortkominge het.

Volgens Shifeta is daar tans 260 ­lisensiehouers, ses vir kasino's en 264 vir dobbelhuise, en altesaam 2 845 ­geregistreerde ­dobbelmasjiene waaruit die staat ongeveer N$22 miljoen per jaar ontvang.

Tog is daar 'n geskatte 1 600 ongelisensieerde en onwettige dobbelhuise en ongeveer 20 000 onwettige dobbelmasjiene landswyd.

Hy sê die wetsontwerp maak voorsiening vir streng beheermaatreëls om die bedryf te reguleer.

Ingevolge daarvan sal die minister die reg hê om standaarde vir die bedryf van 'n sentrale moniteringstelsel voor te skryf, om data te ontleed wat deur die stelsel ingesamel word, en om seker te maak 'n elektroniese moniteringstelsel word aan dobbelmasjiene gekoppel.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het kapsie gemaak teen 'n klousule in die wetsontwerp wat voorsiening maak dat wengeld uit dobbelary van belasting onthef word. Die debat duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%