Soveel hoofde, soveel sinne
Sanet Pearson - Ek dink altyd aan my ouers, veral as daar iets gebeur wat ek graag met hulle wou deel. Ek het onlangs vir ’n vriend gesê as hy dink ek praat baie, het hy nooit my ma gehoor nie.
In haar verweer, dink ek dat ek, my twee susters en my ma menigte mense (veral mense wat sku is om te praat) sou afskrik. Ek haal my hoed vir my pa af; hy het dit nogal goed hanteer. Hy was ’n man van min woorde nie, maar hy het sy man tussen die henne gestaan. Tot ons honde was tewe. Dus was hy altyd die haan onder die henne. Jy kon my pa enigiets vra, veral sy dogters. Niks was ooit te veel moeite nie. Hy was ’n ware “gentleman”.
Ons het die kuns vervolmaak om jou beurt af te wag as jy iets wou sê. Maar as jy nie daardie kans aangegryp het nie, dan is dit ’n geval van “if you snooze, you loose”. Dan moet jy die proses van vooraf begin.
Dit sal vandag nogal ’n uitdaging wees, want as ek ’n storie te lank uitrek of met ’n draai kom, dan vergeet ek wat ek eintlik wou sê. Ek mag seker maar die ouderdom die skuld gee, óf miskien moet ek bekommerd raak!
Ek mis dit om Sondagaande met my ma oor die foon te gesels. Ons het lag-lag meer as ’n uur gepraat. As sy eers gesê het sy moet nou gaan haar hand maak pins en needles, dan moet jy weet ons praat al baie lank. Dit was wonderlike tye gewees.
Ons was aan my ouers se sy toe hulle dood is. Dit was ’n traumatiese ervaring, maar ten minste het dit my ’n kans gegee om dit te verwerk. Ek glo hulle het tot die einde nog geweet ons is daar, ons stemme gehoor, en dit het hulle rustiger gemaak. Nou gaan mense alleen, sonder geliefdes langs hul beddens dood. Sonder daardie gerusstelling vir hulle en afsluiting vir die mense wat agterbly. Ek moet bysê om te sien hoe jou ouers sterf, is moeilik. Dit maak nie saak hoe oud hulle is nie. Dit het my emosioneel afgestomp as dit by die dood kom.
Gewoonlik sukkel ek nie om simpatie of empatie te wys nie, maar as dit by doodstydings kom, hardloop ek vir die berge. Dit is asof daardie deeltjie binne my leeg is. Maar ek kon met my eie oë sien hulle is nie meer daar nie. Nou kry geliefdes net ’n oproep om te sê dit is finaal verby. Ek kan my nie indink hoe traumaties dit moet wees nie. My hart bloei vir almal wat iemand aan Covid verloor het. Iemand wat geliefdes het wat tans daardeur gaan. En almal wat in die toekoms daardeur geraak gaan word. Hierdie nuwe variant speel nie; dit is hier om besigheid te praat. Hy diskrimineer nie meer teen ouer mense nie. Hy is sonder aansien des persoons. Hoe lank gaan dit vat totdat Namibiërs dit besef? Gaan ent jouself in. Gaan kyk wat in die res van die wêreld gebeur. My suster en haar man hou tans in Griekeland vakansie. Daar hoef jy net ’n masker in sekere winkels te dra, anders is alles weer terug na “normaal”. En die rede is omdat omtrent almal ingeënt is.
Ek weet ek stel my nou aan hewige kritiek bloot, maar “so be it”. Die tyd is verby om bang te wees om op gevoelige tone te trap. Hoekom is Namibiërs nie bereid om hul medemens in ag te neem nie. Dit help nie net 10% van die bevolking gaan om ingeënt te word nie. Ons gaan nooit kudde-immuniteit bereik nie. Gaan jy op die kantlyn sit totdat die situasie nie meer gered kan word nie? Wel, dan is dit te laat, die besluit is dan vir jou geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie