Sosiale klubs maak 'n verskil
Die Sekondêre Skool Highline is geleë in Greenwell, net langs die Goreangabdam by Windhoek.
Dit het oor die jare verander van 'n skool waarheen die polisie soms ontbied is om orde te herstel, na een wat spog met 'n veilige omgewing en akademiese prestasies.
“Ons skool is die beste en ek is nie spyt dat ek die hoërskool gekies het nie. Die skool is bekend aan die omliggende gemeenskap én die res van die nasie. Ons skool het ook 'n fantastiese uitsig,” het Clinton de Wee, 'n leerlingraadslid, gesê.
“Die skool is in 2006 gestig en ons vind stadigaan ons voete om met die bes presterende skole in die streek te kan meeding.
“Ons het toegewyde onderwysers en hul manier van onderrig is uitstekend. Hulle laat jou goed verstaan met behulp van 'n unieke onderrigmetode. Nie een van ons was gebore toe die Windhoek-bloedbad plaasgevind het nie, maar ek kan dit vertel asof ek daar was. Dis hoe goed die geskiedenislesse in hierdie skool is, “het Joe-Dee /Uiras gesê.
Hou die standaard hoog
Sosiale klubs speel 'n groot rol om leerlinge te motiveer en te laat presteer.
“Ons het verskeie klubs en een daarvan is die sopkombuis.
“Die meeste mense dink dit is soos enige ander klub, maar dit lok leerlinge skool toe, want ons het baie leerlinge wat nie uit goeie huise kom nie.
“Leerlinge kom skool toe en het hoop om iets te kan eet. Hierdie klub verminder dus ook afwesigheid,” het Hermanus Cloete, 'n leerlingraadslid, gesê.
“Die nuut ingestelde Chinese beurse wat aan die leerlinge beskikbaar is, motiveer hulle om hard te studeer om goeie punte te behaal om enigiets in die buiteland te studeer,” het Cloete gesê.
Hy sê verder dat die leerlingraadslede sal voortgaan om die sosiale klubs aan die gang te hou en leerlinge aan te moedig om hul studies ernstig op te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie