Sopkombuis kry oranje baadjie
Maria Eiseb - Me. Bella Madison se Ohole Neikelelo-sopkombuis, wat destyds by die Life Change Centre in die hoofstad betrokke was, spog met nuwe, helder oranje T-hemde.
Ohole Neikeleko beteken naasteliefde in Oshiwambo.
Die groep bestaan uit sowat 50 bejaardes en is deur Madison begin om kwesbare gemeenskappe by te staan.
“Ek het die mense bymekaar gemaak om dit wat ek het met hulle te deel,” het sy gesê.
“Dié sopkombuis verskil van ander, want ons voed met die Woord ook nadat ons die liggaam voed,” het Madison gesê.
Die sopkombuis is ook betrokke by ’n groep bejaardes wat misdaad in woonbuurte beveg. Enige ongerymdhede word dadelik by die polisie aangemeld, het sy gesê.
"As een van ons lede gesterf het, woon ons die begrafnis by om eer te betoon en om die familie te ondersteun," het Madison gesê.
Met die bekendstelling van die nuwe T-hemde het pastoor Gert du Toit ouers aangemoedig om hul kinders te leer om hul regeringsleiers te respekteer.
Hy het gesê ouers moenie landsleiers voor hul kinders beswadder nie.
By die geleentheid het mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, gesê hy is dankbaar vir die bejaardes se gebede vir hom.
Mnr. Freddie Pieters (60), wat saam met sy oorlede pa by Ohole aangesluit het, sê met sy pa se afsterwe het die lede van Ohole hom ondersteun.
Me. Lappies Engelbrecht (73), ook ’n lid van die groep, het gesê hulle word daagliks ook deur die Woord gevoed en vir dié ondersteuning is sy baie dankbaar.
"Ek is ook dankbaar daar word nie tussen velkleur onderskei nie," het sy bygevoeg.
Madison het haar dank uitgespreek teenoor almal wat haar gereeld ondersteun en ook teenoor Bank Windhoek se werknemers, wat die oranje T-hemde aan hulle geskenk het.
Me. Sharon Jenneker van Bank Windhoek in die hoofstad, het gesê hulle het die T-hemde gekoop en laat druk.
"Ons wil graag iets aan die gemeenskap teruggee,” het sy gesê.
"Dié is my laaste sendingstasie voor ek eendag na my hemelhuis teruggaan," het Madison gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie