Sopkombuis in knyp

Boumateriaal nodig

03 September 2018 | Plaaslik
Tanja Bause



Ses jaar gelede het me. Louise Steyn Tsumkwe toe getrek om haar oor kinders te ontferm.

Twee maande lank het sy onder 'n boom gewoon, terwyl sy aan die bou van haar huis gewerk het.

Dié huis is vandag die tuiste van vyf kinders en is ook 'n sopkombuis wat 31 kinders se mae daagliks volmaak.

Steyn het aanvanklik 91 kinders van kos voorsien, maar weens 'n geldtekort is dit nie meer moontlik nie.

“Ek gebruik my pensioengeld en geld wat my familie skenk, maar dit is te min. Hier op Tsumkwe is daar ook nie groot ­kettingwinkels wat ek om ondersteuning kan vra nie,” het sy gesê.

Steyn moes die God's Garden-kleuterskool wat sy geopen het, om ­dieselfde rede sluit.

“Sodra die finansies ­beskikbaar is, sal ek die skooltjie weer open,” sê sy.

Haar betrokkenheid by kinders spruit uit haar jare as 'n hawelose op Swakopmund.

“Ek het met al my aardse besittings in 'n supermarktrollie op Swakopmund en Walvisbaai se strate en strand gewoon. Hier het ek baie tyd met straatkinders deurgebring en hulle gehelp waar ek kon,” sê sy.

Steyn was in die verlede aan dwelms verslaaf en sê dít dryf haar om kinders van hoofsaaklik die San-gemeenskap op Tsumkwe te ondersteun.

“Ek was jare lank op straat. Ek weet wat dit is om swaar te kry. Op Tsumkwe is baie sjebeens, en alkoholmisbruik is 'n algemene gesig. Ma's sluit hul kinders toe om te gaan drink. Kinders word verwaarloos en kry nie kos nie. By my kry hulle sewe dae 'n week ontbyt en middagete. Ek deel alles wat ek het met hulle,” sê sy.

Steyn sê sy het boumateriaal en palette nodig.

“Uit die palette kan ek self meubels maak en hulle verkoop en geld maak. Die boumateriaal kan ek gebruik om die sopkombuis en kleuter­skool mee uit te brei. Maar ek sal enige hulp verwelkom,” sê sy.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

5 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...