Soos bloed uit 'n klip
Ontevrede studente se dreigement om die kantore van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) met ‘n betoging toe te dwing, spreek van die frustrasie by baie jongmense wat op die staatsinstelling se hulp reken.
Indien 2017 se toelae vir ander uitgawes as klasgelde in weerwil van ‘n ooreenkoms steeds nie betaal is nie, verstaan ‘n mens die onmin.
Dit is ook nog ‘n bewys van massiewe druk op die staatskas.
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) se eis dat alle aansoeke om hulp wat vanjaar weens ‘n tekort aan geld afgekeur is nou toegestaan moet word, grens egter daaraan om bloed uit ‘n klip te tap. Hierdie gesprek kan nie met die NSFAF gevoer word nie, wat as staatsinstelling deur die regering gefinansier word.
Dit is vertoë wat tot die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing gerig moet word. Of die saak moet op ‘n hoër vlak, met die eerste minister of staatshoof opgeneem word indien die minister se antwoorde studenteleiers nie tevrede stel nie.
Studente moet nie die feit ignoreer nie dat die NSFAF in sy huidige verknorsing verkeer juis weens wanbetaling wat al dekades voortduur. Net so moet Nanso die huidige ekonomiese omstandighede in ag neem.
Die betaling van studieuitgawes waartoe die NSFAF verlede jaar en vanjaar kontraktueel ingestem het, is studente se reg. Opleiding vir meer studente is hierteenoor ‘n kwessie van ideale teenoor werklikhede.
So sê ander
26 Junie 2018
Trump's dictator fantasy plays out at the border
The anguish of President Trump's family separations has lawmakers on both sides of the aisle scrambling for a fix.
What he wants is to impose martial law.
After watching millions get massacred by the Nazis, the international community developed a system in which people facing persecution could get protection, and other countries would not send them back to their deaths.
Most Americans would agree that everyone deserves their day in court. But now Trump wants to do away with courts and border judges entirely.
What happens when other countries follow our lead, and do the same thing? Where will the desperate go?
The president used the specter of violent criminal gangs to make Americans afraid of those coming across the border. But it's his own zealotry that leaves mothers and children to their mercy.
• THE STAR-LEDGER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie