Sony bevestig wanneer nuwe PlayStation kom
Die PlayStation 2 is steeds die gewildste videospeletjieplatform van alle tye en meer as 155 miljoen daarvan is sedert 2000 verkoop.
Petrus Malherbe – Ná maande van bespiegeling het Sony uiteindelik bevestig sy nuwe PlayStation gaan betyds vir Kersfees in 2020 uitgereik word.
Liefhebbers van videospeletjies wag reeds jare lank op nuus oor wanneer die jongste weergawe van die immergewilde PlayStation beskikbaar gaan wees.
Sony se videospeletjieplatform is sedert sy eerste generasie, wat reeds in 1994 verskyn het, ’n topverkoper regoor die wêreld.
Die PlayStation 2 is steeds die gewildste videospeletjieplatform van alle tye en meer as 155 miljoen daarvan is sedert 2000 verkoop.
Eweneens verskyn die PlayStation 3 (2006) en PlayStation 4 (2013) ook op die lys van gewildste platforms met gesamentlike verkope van bykans 200 miljoen.
Volgens Sony gaan die PlayStation 5 ’n merkbare verbetering op die PlayStation 4 wees wat grafika betref.
Speletjies gaan ook vinniger laai en die handkontrole sluit ook “gevorderde vibrasies” in, berig die BBC.
Microsoft se nuwe Xbox, PlayStation se grootste mededinger, verskyn ook rondom Desember 2020.
Die nuwe Xbox staan sover nog net as Project Scarlett bekend.
Nie Sony of Microsoft het al verklap watter speletjies vir die nuwe platforms ontwikkel word, of selfs hoe die toestelle lyk nie. Die prys is ook nog onbekend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie