Sonop is die groot tuinbou-wenners

Tamaties, soetrissies, pampoen, botterskorsies en tafeldruiwe hier gekweek
Gerine Hoff
Die plaas Sonop op die oewer van die Oranjerivier is landwyd as die toptuinbou-presteerder aangewys.
Die plaas het die Grootskaal Tuinbouprodusent van die Jaar-toekenning ontvang tydens ’n geleentheid wat einde September op Noordoewer gehou is ter viering van Nasionale Tuinboudag.
Die Nasionale Tuinbouweek het vanaf 21 tot 24 September plaasgevind en is deur die Namibiese Akkerbouraad (NAB) gereël.
Die groente- en vrugteplaas en pakhuis word deur die Van der Merwe-gesin besit en bestuur, met Albert van der Merwe, 'n seun van die stigterspaar Nico en Marie van der Merwe, wat aan die stuur van sake is.
Nog ’n broer, ook Nico, bestuur saam die familiebesigheid. Albei broers het landbou gestudeer, terwyl twee ander sibbe onderskeidelik in die toerisme- en die onderwyssektor werk.
Die plaas lewer tamaties, soetrissies, pampoen, botterskorsies en tafeldruiwe op ’n plaas wat aan Noordoewer grens op die oewer van die Oranjerivier. Tamaties lewer die grootste opbrengs, met 50 hektaar wat daaraan toegeken is.
Sonop beskik ook oor ’n verpakkingsfasiliteit waar vrugte en groente gesorteer word vir van Namibië en Suid-Afrika se grootste kettingwinkels. Dit voer ook druiwe direk aan drie supermarkte in Europa en afsetpunte in China uit.
Altesame 400 mense werk by die plaas en elke dag ontvang elkeen ’n sak groente van hul keuse, het een van die pakhuiswerkers gesê.
Tydens die toekenningsgeleentheid het Sonop se boere die maatskappy se groei uitgewys en hul resep vir sukses met sowat 150 ander boere en handelaars van die noordelike en westelike streke van die land gedeel.
Inligting oor ’n verskeidenheid onderwerpe is met die teenwoordiges gedeel, onder meer hoe om risiko’s te neem, tegnologie te gebruik, hoe om in jouself te glo, bemarking, verpakkingsprosesse, bestuur van salarisse en finansies, en die herbelegging van winste.
Tydens die seremonie is ’n toespraak namens die minister van landbou mnr. John Mutorwa, voorgelees, waarin gesê is 41,5 persent van alle plaaslike tuinbou-opbrengste word in Namibië verkoop.
“Ons het goeie vooruitgang gemaak en is in ’n posisie om al meer selfonderhoudend te word,” het hy gesê.
Mutorwa het gesê die doel is om te verseker dat minstens 60 persent van alle tuinbouprodukte binne die land geproduseer kan word. Hy het ’n beroep op plaaslike boere gedoen om ywerig te wees en om hul goeie praktyke met mekaar te deel.
Mutorwa het gesê die tekort aan water bly ’n probleem, nie net in Namibië nie, maar oral in Suider-Afrika. Hy het ’n beroep op boere gedoen om volhoubare produksiemetodes te gebruik en om die skakel tussen die doeltreffende gebruik van water en die gesondheid van grond te vind.
“Beperk die gebruik van plaagdoders en skadelike chemikalieë omdat die grond dan minder water sal kan hou,” het die minister gesê.
Mutorwa het gesê ’n wetsontwerp vir voedselsekuriteit sou binnekort vrygestel word en het boere dus gevra om baie aandag aan produksiestandaarde te skenk.
NAB se voorsitter, me. Sirkka Iileka, het gesê alle Afrika-lande sukkel om kos vir burgers in die hande te kry en het ’n beroep op Namibiese boere gedoen om saam te werk om voedselsekuriteit vir die nasie te verseker.
Mnr. Fidelis Mwazi van die Agro Bemarkings- en Handelsagentskap (AMTA) wat verantwoordelik is vir die verkryging en verkoop van opbrengste namens die boere, het die agentskap se mandaat en prosesse verduidelik, en hul steun aan boere in die voorsiening van kos bevestig.
Mnr. Paulus Mungoba van die landbousake-ontwikkelingsagentskap (Agribusdev), het gesê die regeringsagentskap was aan die woeker om kosproduksie in die land uit te brei.
“Ons het 7 000 ha grond, maar gebruik op die oomblik net helfte,” het hy gesê.
Vanjaar het Agribusdev, ’n sustermaatskappy van AMTA, reeds meer as 18 ton mielies, vyf ton koring, vier ton aartappels en drie ton uie produseer.
“Dit is nie genoeg nie, maar ten minste weet ons nou die Groenskema is lewensvatbaar en dat dit tot voedselsekuriteit bydra,” het Mungoba gesê.
Die Agribusdev-boerderygebiede is by Etunda, Musese, Sikongo, Mashare, Ndonga Iinene, Shadakongore en Vhungu-Vhungu geleë. Die opbrengste van dié plase word deur AMTA verkoop.
Mugoba het gesê meer grond word deur tradisionele owerhede aan die agentskap geskenk, wat ’n positiewe uitkyk op kosproduksie in die land gee. Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.65/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.91% | Zinc US$ 2 944.40/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 84.06/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 994.50/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.65/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.91% | Zinc US$ 2 944.40/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 84.06/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 994.50/OZ UP +0.93%