Sonkrag 'groei' meeste in 2016 wêreldwyd
'n Groter bewustheid oor die waarde van hernubare energiebronne het meegebring dat al hoe meer instansies hulle tot sonkrag wend.
Elvira Wood
Sonkrag is die energiebron wat die vinnigste in 2016 gegroei het.
Dit is volgens die Internasionale Energieagentskap (IEA) se nuutste verslag oor nuwe energiebronne wat wêreldwyd in gebruik geneem is.
Luidens die verslag is daar wêreldwyd bykans 165 gigawatt (GW) se hernubare energieprojekte wat gedurende die jaar in gebruik geneem is.
Ongeveer die helfte van die projekte (74 GW) gebruik sonpanele.
Die IEA sê geen projekte wat van hernubare energie gebruik maak, is uit diens gestel nie.
Vir steenkool, waar 57 GW se vermoë bygevoeg is, is 26 GW se vermoë uit diens gestel.
Dit is veral die Chinese wat baie van sonkrag hou. Bykans die helfte van die 74 GW wat wêreldwyd in gebruik geneem is, is in China.
Van 2011 tot 2016 het China sy vermoë om hernubare energie op te wek met 318 GW vergroot. In die volgende ses jaar word verwag dat hy dit met minstens nog 363 GW gaan uitbrei.
Afrika en die Midde-Ooste wek egter 'n baie kleiner hoeveelheid hernubare energie op. Die vermoë is van 2011 tot 2016 met net 16 GW vergroot. Die verwagting is dat daar oor die volgende ses jaar minstens nog 37 GW bygevoeg gaan word.
Die IEA sê hy het nou vir die eerste keer spesifiek in Afrika suid van die Sahara en Asië gekyk na stelsels wat nie aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is nie.
“Hoewel die toename in stelsels wat nie gekoppel is nie klein is, is die maatskaplik-ekonomiese bydrae daarvan beduidend.
“Daar word verwag dat sonkragstelsels wat by huise geïnstalleer word, elektrisiteit aan sowat 70 miljoen mense in Asië en Afrika sal verskaf.”
Die IEA sê dit raak al hoe belangriker dat stelsels wat hernubare energie gebruik wel aan die nasionale kragnetwerk van lande gekoppel word.
Denemarke sal na verwagting teen 2022 die leier op dié gebied wees met sowat 70% van al sy energie wat van hernubare bronne gaan kom.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie