Sonderwater kry straks water
Maria Eiseb
Tydens 'n gemeenskapsvergadering van die Sonderwater-woonbuurt in Windhoek is alles van waterprobleme tot sanitêre geriewe in die buurt bespreek.
Mnr. Ruben Tjihama, raadslid van die Katutura-Oos-kiesafdeling, het met dié gemeenskap vergader.
Tydens die vergadering het Tjihama inwoners gevra om voorstelle vir die verbetering van die buurt te maak.
Hy het ook gesê misdadigers hoort nie in Sonderwater nie en dat die gemeenskapspolisie, die Namibiese polisie en Windhoek se stadspolisie hulle uit die buurt moet verdryf.
“Ek wil hê ons moet met mekaar praat oor die situasie in die buurt,” het Tjihama gesê.
Hy het gesê inwoners het die afgelope tyd oor waterprobleme gekla, maar die munisipaliteit van Windhoek het waterpype aangelê en het belowe krane sal binne die volgende twee weke geïnstalleer word.
“Belofte maak skuld,” het hy bygevoeg.
Me. Erna Nowases het bevestig beamptes van die munisipaliteit het haar verseker krane word in die komende week geïnstalleer.
Volgens haar was daar 'n voorraadtekort, “anders het ons lankal water gehad”. Tjihama het gesê hy voel of 'n swaar las van sy skouers af is, omdat Sonderwater se waterprobleme opgelos is. Mnr. Andrew Ockhuizen wou tydens die vergadering weet wanneer die beloofde bou van huise sal begin.
Mnr. Gregorious Gawanab, ook 'n inwoner, het gesê inwoners wil nie afhanklik wees nie en wil graag ondersteun word in hul voorstelle vir kleinsakeondernemings.
Mnr. Petrus !Aoxamub het tydens die vergadering gevra dat toilette gebou word, al is dit net drie.
“Daar is oumense onder ons en opstaan en sit is nie meer so maklik vir hulle met hul knieë nie,” het hy gesê.
“Ons sê nie julle moet die werk kom doen nie, ons sal dit self doen, ons weet hoe om rioolpype aan te lê en ook hoe om ander werk te doen. Gee ons net die pype en drie potte, dan doen ons dit self,” het !Aoxamub gesê.
Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, het gesê sy is nie bewus van die Sonderwater-ontwikkelings nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie