Sommige van NBC se radiodienste weer op die lug
Sommige van NBC se radiodienste weer op die lug

Sommige van NBC se radiodienste weer op die lug

Augetto Graig
Terwyl die staking van NBC-werknemers onder leiding van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) steeds voortduur, het sommige van die stakers na hul werk teruggekeer in so mate dat van die radiodienste weer hervat kon word.

Dit sluit in Radio Omurari in Otjiherero, Tirelo Ya Sechaba in Setswana en Kati FM in Oshiwambo. Die NBC kon ook vandeesweek sy aandbulletin om 20:00 weer hervat.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer