Sommige dele van Windhoek sonder water, elektrisiteit
Sommige dele van Windhoek sonder water, elektrisiteit

Sommige dele van Windhoek sonder water, elektrisiteit

Ronelle Rademeyer
Vyf woonbuurte in Windhoek is tans sonder water, terwyl dele in Katutura nie elektrisiteit het.
Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit, sê in ‘n verklaring waterlewering aan Klein Kuppe, Cimbebasia, Prosperita, Academia en Olympia is onderbreek en die inwoners sal op die hoogte gehou word hoe herstelwerk vorder.
Verder word herstelwerk gedoen aan die transformator by die substasie in Johan Herbartstraat in Katutura, wat meebring dat die elektrisiteit in dele van dié woonbuurt, tussen 09:00 en 14:00 vandag af is.
Soortgelyke herstelwerk sal môre aan die transformator by die substasie in Daan Bekkerstraat in Olympia gedoen word, wat dan weer kraglewering aan dele van hierdie woonbuurt sal onderbreek.

Kommentaar

Republikein 2025-07-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer