Soldaat skuldig aan manslag
Soldaat skuldig aan manslag

Soldaat skuldig aan manslag

Israel
Estelle de Bruyn
'n Jong Israeliese soldaat, wat 'n Palestynse aanvaller doodgeskiet het toe hy gewond op die grond in die besette Wes-oewer-gebied gelê het, is skuldig bevind aan strafbare manslag. Dit is een van die mees polariserende hofsake in Israel se geskiedenis. Verregse betogers het buite die hof hul ­onvergenoegdheid met die uitspraak betuig.

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het reeds gevra dat die soldaat, Elor Azaria, begenadig word.

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-09-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer