Sokkerspan in ongeluk, twee sterf
Sokkerspan in ongeluk, twee sterf

Sokkerspan in ongeluk, twee sterf

Francoise Steynberg
Twee jong sokkerspelers het gisteraand in 'n ongeluk tussen Swakopmund en Hentiesbaai gesterf.

Die ongeluk het omstreeks 20:30 sowat 5 km vanaf Hentiesbaai plaasgevind toe 'n blou Citi Golf glo teen die agterkant van die wit Ford-enkelkajuitbakkie met 12 sokkerspelers as passasiers gebots het.

Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die bakkie die pad verlaat en omgeslaan.

"Twee sokkerspelers (17 en 15) het gesterf en ander is ernstig tot lig beseer. Die beseerdes is na die Swakopmund-staatshospitaal per ambulans geneem," het Iikuyu gesê.

"Die 42-jarige bestuurder van die Citi Golf en sy enigste passasier (36) is ook beseer."

'n Saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak.

Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig en die ondersoek duur voort.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer