Sokker vir blindes moet groei
Sport vir gestremdes
Die Namibiese Paralimpiese Komitee (NPC) is besig om sokker vir blinde spelers in die streke Khomas, Oshana, Kavango-Oos en Zambezi van stapel te stuur.
Sokkerspanne vir blindes bestaan uit vier heeltemal blinde buiteveldspelers en 'n sienende of swaksiende doelwagter.
Om regverdige mededinging te verseker, moet alle buitelanders blinddoeke dra. Spanne kan “gidse” hê om hulle te help, maar dié moet op die kantlyn bly.
Nicky Nghumono, NPC-tesourier, het gesê Namibië het in Februarie die groen lig van die Internasionale Sportfederasie vir Blindes (IBSA) gekry om die sport te begin bekend stel.
Namibië is ook by die Afrika-liggaam vir sport vir blindes geaffilieer.
“Toe ons teruggekom het uit die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, het ons streke geïdentifiseer om spelers te gaan haal en spanne te vorm,” het hy aan Nampa gesê.
Die NPC is besig om meer spanne te bou en sal binnekort 'n nasionale span kies om in buitelandse kompetisies mee te ding.
“Vandat ons die groen lig gekry het, speel ons spanne net onder mekaar by hul skole in hul streke,” sê Nghumono.
Khomas het reeds drie spanne en die ander drie streke een span elk. Nghumono sê hoewel hulle nog nuut in die spel is, het Namibië reeds uitnodigings van ander Afrika-lande vir vriendskaplike wedstryde ontvang.
Die NPC het tien sokkerballe en tien blinddoeke van die internasionale liggaam ontvang.
Sokker vir blindes word gespeel op 'n reghoekige veld wat 40 meter lank en 20 m breed is. Die lengtes van die veld word deur borde omhein wat verhinder dat die bal uit spel gaan. Die bal maak 'n geraas vanweë 'n klankstelsel binne-in, wat spelers help om hulself te oriënteer.
Gevolglik moet toeskouers tjoepstil bly terwyl hulle na die wedstryd kyk – totdat 'n doel aangeteken word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie