Sokker bemagtig kinders
Kasona-proewe skop af
Enzo Amuele
Die Kasona-sokkerakademie, wat vier jaar gelede sy deure oopgemaak het, bied ’n platform aan kinders in die ouderdomsgroepe o.10 tot o.19 in en buite Windhoek.
Die proewe het op 20 Januarie by die Bethold Himumuine-sportveld in Katutura afgeskop en op die 21ste tot ’n einde gekom. ’n Groot aantal spelers het gekom om hul talent te wys.
Dié inisiatief is ’n manier om terug aan die gemeenskap te gee en om die kinders van die strate af te hou. Die akademie, wat ook 'n meisiespan het, het ongeveer 120 kinders wat ingeskryf is.
Die stigter van die akademie, Kasoana Uerikondjera, sê sy is bly om vordering binne die gemeenskap te sien in terme van sokkervernuf.
Kasona, die kaptein van die Brave Gladiators vanaf 2010 tot 2018 en ook 'n onderwyseres van beroep, is passievol oor sokker en gemeenskapsbemagtiging.
"Daar is 'n gewilligheid in die gemeenskap om sokker te speel, hulle wil nie agterbly nie en dit het my aangespoor om my eie akademie te open," het sy gesê.
Een van die spelers by die akademie, Vejama Kazombaue, sê hy is dankbaar hy kon by die akademie aansluit en sê dit het hom gehelp om as ’n voornemende professionele sokkerspeler te groei.
“Ek is bly ek is deel van hierdie akademie, want dit help my om daagliks my vaardighede as sokkerspeler te verbeter," het hy gesê.
Nog ’n jong, ywerige sokkerspeler wat ook by die akademie ingeskryf is, en by die proewe teenwoordig was, het gesê die akademie het hom gehelp om 'n beter sokkerspeler te word. Hy is ook dankbaar vir al die lewensvaardighede wat die akademie hom geleer het.
"Ek is dankbaar vir alles wat die akademie my geleer het, dit het van my 'n meer gefokusde sokkerspeler gemaak."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie