Soja herskik graanmandjie
SA kan vanjaar 710 000 ton produseer
Dr. Kobus Laubscher
Die jongste oesskatting gee gevolg aan die siening van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) in Suid-Afrika dat sojaproduksie se toename in belangrikheid uiteindelik die graanmandjie kan herskik.
Die aanduiding is dat die soja:mielies-verhouding uiteindelik 40:60 behoort te bereik binne die volgende dekades.
Daar is egter heelwat faktore wat dié groei kan beperk.
Soja, as produk, se belangrikheid neem toe. Van die beskeie 87 000 ha in die 1990-'91-oesjaar tot die finale syfer van bykans 503 000 ha in die 2016-seisoen (totale produksie is 742 000 ton) en 'n geraamde toename van bykans 8% tot 542 000 ha, is dit duidelik dat dié gewas 'n belangrike rol gaan speel.
Verhoogde
produktiwiteit
Navorsing onder leiding van die Proteïennavorsingsinstituut rapporteer vervolgens ook 'n gunstige toename in produktiwiteit per hektaar. Die afgelope vyf jaar het die aantal hektare onder soja met gemiddeld 21% toegeneem en die opbrengste met 4% per jaar.
Vir die bedryf om werklik verdere momentum te kry, is plaasvlak-ekonomiteit van die uiterste belang.
Die BFAP wys op die negatiewe impak van verskillende prysvlakke. Teen invoerpariteitspryse is binnelandse verwerking nie winsgewend nie. Trouens, dit het die bedryf met heelwat surplus-verwerkingskapasiteit gelaat. Teen uitvoerpariteitspryse is primêre produksie weer in gedrang.
Soja het 'n lang waardeketting met beduidende voorwaartse en terugwaartse koppeling en as sodanig kan herskikking beduidend bydra tot werkskepping sowel as invoervervanging.
Hoewel die Suid-Afrikaanse sojabedryf relatief klein is gemeet aan internasionale standaarde, is die Suid-Afrikaanse mark volledig deel van die internasionale markte en as sodanig direk afhanklik van internasionale gebeure.
Invoere is relatief maklik, maar die feit dat binnelandse boonpryse geskoei word op die pryse van eetbare olies en oliekoek, kan as beperkende groeifaktor gesien word. Die verwagte groei in die vraag na sojaprodukte as gevolg van veranderde verbruikspatrone (meer proteïen in die vorm van byvoorbeeld hoender), huidige surplus-verwerkingskapasiteit en huidige prysvorming is skynbaar teenstrydighede en herskikking is gevolglik dringend nodig.
Die BFAP berig dat, gemeet aan internasionale standaarde waar 80% tot 85% se benutting van die verwerkingvermoë aan die orde is, die huidige onderpresterende verwerking in Suid-Afrika met die groei in produksie reggetrek sal kan word. Dit is mits pryse saamspeel.
Indien die verwagte groei in produksie kan volhou, sal binnelandse verwerking moet verbeter en is veranderde prysvorming ook noodsaaklik. Volgens die BFAP is die huidige tendens van prysvlakke tussen invoer- en uitvoerpariteit die aangewese en gee dit die pas aan.
Vanweë die toegankliheid van die Suid-Afrikaanse mark, geïllustreer deur logistieke ondersteuning wat invoere maklik maak, is die binnelandse mark uiters invoergevoelig.
Enige ingevoerde oliekoek en selfs hoender, het 'n negatiewe impak op die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse bedryf.
Invoerders is vervolgens ook gewoonlik gretig om teen laer pryse die binnelandse aanbod met invoere te vergroot.
Op plaasvlak ondersteun nuwe navorsingsuitkomste in terme van beter presterende kultivars boere se strewe na volhoubare inskakeling van soja as rotasiegewas.
Hierdie voorneme kan al vanjaar realiseer met 'n verwagte aanbod van 1 071 678 ton, waarvan bykans 710 000 ton plaaslik geproduseer kan word.
Die totale verwagte binnelandse vraag van net minder as 1 000 000 ton, dui op invoervervanging en selfs 'n geringe surplus.
Soja se belangrikheid as gewas binne die graanmandjie word herskik en dit is goeie nuus vir Afrika suid van die Sahara.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie