Soetsuurhoender met noedels
Gewoonlik word hoender vir hierdie Chinese gereg met ’n dik deeg om in olie gediepbraai, maar Aletta Lintvelt se weergawe kry net ’n dun lagie mielieblom.
Die respel lewer vier porsies.
BESTANDDELE
Vir die soetsuursous
• ½ koppie bruinsuiker
• ½ koppie appel- of witwynasyn
• ¼ koppie tamatiesous
• 2 eetlepels sojasous
• 4 sprietuie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
Vir die hoender
• 500 g hoenderfilette
• 2 eiers, geklits
• 2 teelepels sout
• 1 koppie mielieblom
• 4 eetlepels sonneblomolie
Vir die roerbraai
• 2 eetlepels sesamolie
• 1 soetrissie, in repe gesny
• 2 wortels, diagonaal in skyfies gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 cm gemmer, gerasper
• 400 g gaar noedels
Só maak jy
1. Verhit die sousbestanddele saam totdat die suiker opgelos het, en laat dit dan vir 5 minute prut.
2. Sny die hoender in happie-grootte blokkies. Klits die eiers in ’n diep bord en doop die hoenderblokkies daarin. Meng die sout en mielieblom en rol die hoenderblokkies daarin. Verhit die olie in ’n groot pan tot baie warm en braai die hoender vir slegs ’n paar minute tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant.
3. Laat dan die pan weer rookwarm word, voeg die sesamsaadolie by en braai die soetrissie, wortel, knoffel en gemmer vir 3 minute. Voeg dan die sous by en laat die groente vir ’n paar minute daarin prut. Daarna kan jy die hoender en noedels byvoeg, deurroer en dadelik voorsit. - WEG

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie