SOEu2019s sonder leiding
SOEu2019s sonder leiding

SOE’s sonder leiding

Die minister blameer staatsondernemings se rade, wat dikwels onbevoeg is om die aanstelling van uitvoerende hoofde te behartig.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage - Uit amper 100 staatsondernemings is verskeie, wat miljarde werd is, sonder topbestuur.

Meatco, Telecom Namibia, Namibia Post and Telecommunications Holdings (NPTH), die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), Air Namibia, Namibia Wildlife Resorts (NWR), die Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), die Namibiese Nuusagentskap (Nampa), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC), New Era Publication Corporation (NEPC), die Zambezi Waterfront-maatskappy, die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa), asook MTC funksioneer almal tans sonder uitvoerende hoofde.

Mnr. Leon Jooste, die minister van staatsondernemings, sê hy wil die arbeidswet inspan om die struikelblok van permanente aanstellings by staatsondernemings te bowe te kom.

“Ons oorweeg die arbeidswet, ek wag nog vir ’n mening,” sê Jooste, wie se hande afgekap is wat die aanstelling van uitvoerende hoofde betref.

“Ek kan maar net smeek en aan medeministers en raadvoorsitters skryf en vra dat hulle dit asseblief afhandel. Daar is baie min waarop ek my kan beroep. Wanneer ons nuwe wet in werking is, sal daar baie ammunisie wees,” het hy gesê.

Jooste het bygevoeg dit is uiteindelik steeds rade se verantwoordelikheid om die aanstellingsproses te bestuur.

“Die beginsel wat ons volg, is dat ons altyd in die belang van die staatsonderneming optree. Ek kan letterlik net opdrag gee, maar as ek moet opdrag gee, het ons reeds nie daarin geslaag om die regte raad aan te stel nie. Indien ons ’n professionele raad het, is dit nie nodig om briewe te skryf nie,” sê Jooste.

Entiteite koersloos

Volgens Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, is 16 staatsondernemings tans sonder uitvoerende hoofde.

Dit ondanks die regering se bykomende finansiering.

Die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) is sedert 2014 sonder ’n hoofbeampte.

Dié onderneming het vier waarnemende hoofbeamptes sien kom en gaan, elk met hul eie plen om sake te beredder.

Air Namibia het reeds drie waarnemende uitvoerende hoofde gegroet sedert mnr. Theo Namises die lugredery verlaat het.

Die Zambezi Waterfront is ook sonder baas sedert 2016.

By MTC was twee waarnemende besturende direkteurs sedert die Portugese burger mnr. Miguel Geraldes die lugredery in 2017 verlaat het, terwyl Meatco ook sedert 2017, ná die opperhoof van die Ovaherero- tradisionele owerheid, mnr. Vekuii Rukuro, weg is, geen uitvoerende hoof aangestel het nie.

Bipa is ook leierloos sedert mnr. Tileinge Andima in Maart 2018 geskors is.

NSFAF se hoofbeampte, me. Hiliya Nghiwete, in is April 2018 geskors, gevolg deur die NIP se uitvoerende hoof, mnr. Augustinus Katiti, in Junie verlede jaar.

Staatsondernemings wat onlangs hul leiers verloor het, sluit in die NEPC, waar ’n waarnemende uitvoerende hoof in Februarie aangestel is, en die NWR, waar me. Zelna Hengari in April vanjaar geskors is.

Nust se nuwe raad moes aan die begin van Oktober gevestig wees, maar dié lede is nog nie aangestel nie.

Nuwe lede moet die nuwe visekanselier dan aanstel.

Die nuutgestigde staatsonderneming Nida vind dit ook sedert sy ontstaan moeilik om ’n hoof te vind.

Voorsitters verduidelik vertragings

Telecom Namibia se raadvoorsitter, mnr. Fernando Somaeb, sê die soektog na die maatskappy se uitvoerende hoof vorder.

“Ons is besig om ’n werwingsmaatskappy te soek om te help, en ons beraadslaag met die aandeelhouer oor die aanstelling van ’n hoofbeampte,” het hy gesê.

MTC-raadvoorsitter mnr. Elvis Nashilongo sê hulle is ook aktief betrokke by die soektog na Geraldes se vervanger.

“Die proses van werwing van MTC se uitvoerende hoof gaan voort en die raad sal aankondig wanneer al die fases voltooi is,” het hy gesê.

Nampa se raadvoorsitter, mnr. Rector Mutelo, sê interne beraadslaging duur voort.

“As die waarnemende uitvoerende hoof se ampstermyn verstryk, sal die vergoedingskomitee aanbevelings maak. Dan sal ons ’n raadsvergadering hou en dit bespreek voor ons die publiek volgens wet inlig,” sê Mutelo.

Volgens berigte het Air Namibia se raad opdrag gekry om die werwingsproses te staak.

Die NIP se raadsvoorsitter, me. Dina Shuuluka, is twee keer gevra om lig te werp op die aanstelling van ’n uitvoerende hoof, maar het nog nie gereageer nie.

Die NEPC- en NWR-raadsvoorsitters het teen druktyd nie op vrae gereageer nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.19/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.96/lb UP +1.67% | Zinc US$ 3 029.00/T UP 1.26% | Brent Crude Oil US$ 82.58/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 1 044.48/OZ UP +0.07% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.19/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.96/lb UP +1.67% | Zinc US$ 3 029.00/T UP 1.26% | Brent Crude Oil US$ 82.58/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 1 044.48/OZ UP +0.07%