'Soektog na olie strydig met VN-doelwitte'

Drukgroepe hou protesoptog

07 December 2020 | Omgewing
Steffi Balzar en Ronelle Rademeyer



As Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) se soeke na olie en gas in die Kavango-kom voortgaan, oortree Namibië minstens drie van die Verenigde Nasies (VN) se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (SDG's).

Volgens me. Veruschka Dumeni, omgewingsaktivis van Fridays for Future Windhoek (FFFWhk) wat Vrydag saam met Frank Free Namibia (FFN) teen dié Kanadese ­maatskappy se voorgenome prospektering betoog het, is dit strydig met die VN-­doelwitte vir ­volhoubare energie, 'n volhoubare samelewing en klimaatsbeskerming.

Verder, sê sy, het Namibië, ­Botswana én Kanada die Parys-ooreenkoms ­onderteken en hulle daartoe verbind om die klimaat te beskerm deur onder meer van die gebruik van fossielbrandstowwe weg te stuur.

“Namibië ontvang geld van die VN se Groenklimaatsfonds om die gevolge van klimaatsverandering teen te werk,” het Dumeni verder gesê.

Dié drukgroepe het Vrydag 'n klagskrif met besware teen ­ReconAfrica se planne aan 'n verteenwoordiger van die VN by dié wêreldliggaam se kantoor in Klein-Windhoek oor­handig.

Die Kavango-kom vorm deel van die Okavango Delta, wat die grootste Ramsar-gebied ter wêreld is.

Dit beteken dit is 'n vleilandgebied wat volgens die Ramsar-konvensie van internasionale belang is en deur 'n interregeringsomgewingsverdrag bewaar moet word.

ReconAfrica het by verskeie ­voorleggings aan beleggers in die buiteland gesê sy opnames toon die prospekteringsgebied in die ­noordooste van Namibië en die aangrensende noordwestelike gebied van ­Botswana, beskik oor nagenoeg 120 miljard vate olie.

Die maatskappy het ook aan ­beleggers gesê moderne hidrobrekingstegnieke sal gebruik word om die oliebron te ontgin.

Dokumentasie hieroor is later te midde van luide besware deur omgewingsgroepe van die ­maatskappy se webtuiste verwyder.

Dr. Chris Brown, hoof van die Namibië Kamer vir die Omgewing (NCE), sê inligting dui daarop die boorinstallasie behoort binne die volgende paar dae per skip by Walvisbaai aan te kom, waarna dit per pad na ­Kavango-Oos vervoer sal word.

Die NCE meen daar is ernstige gebreke in die ­omgewingsimpak­studie (EIA), terwyl die spesialisstudies en die omgewingsbestuursplan nie aan die publiek bekend gemaak is nie.

Die nuusagentskap AFP het Vrydag berig mnr. Pohamba Shifeta, ­minister van die omgewing, bosbou en ­toerisme, het die voorgenome boorplanne verdedig en gesê dit is beperk tot 'n sekere gebied en sal noukeurig gemonitor word.

"As hulle (ReconAfrica) van die plan afwyk, kan die boorwerk gestop word," het hy gesê.

Hy het ook daarop gewys “gegriefdes” kan appèl aanteken teen die ­regering se besluit om die prospektering toe te laat.

Sy eweknie in die ministerie van landbou, water en ­grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gesê ­prospekteringsmetodes moet “versigtig en deeglike geëvalueer word” om 'n impak op ondergrondse ­waterbronne te voorkom.

ReconAfrica se uitvoerende hoof, mnr. Scott Evans, en ander senior ­bestuurslede is tans in Namibië.

Hulle het verlede week deur hul ­Namibiese regsverteenwoordiger 'n onderhoud met Republikein versoek, en sal later die week met die koerant ontmoet.– [email protected]

Soortgelyk

 

Metro spoils its customers

1 uur gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

9 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Ses damme voller as 100%

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

9 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

9 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

9 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...