Soek 'n plekkie . . .
Soek 'n plekkie . . .

Soek 'n plekkie . . .

Dani Booysen
ANONIEM SKRYF:

Die ongerymdhede en bevoordeling van sekere individue en die afwyking van regulasies vir die toekenning van wooneenhede by die staatsouetehuis Senior Park in Pionierspark, Windhoek moet onafhanklik ondersoek word.

Volgens die neergelegde regulasies mag 'n enkelpersoon nie die maandelikse inkomste van N$1 650 oorskry nie. Tóg is daar inwoners wat baie meer verdien uit ander pensioenfondse, beleggings, huishuur ens., wat huidiglik daar woon.

Nog 'n reël van die departement is dat die maksimum ouderdom vir 'n nuwe inwoner 80 is. Tóg word dit oorskry.

Daar is talle eenhede wat oor 'n baie lang tydperk leeg staan aangesien die regering/departement nie die fondse het om dit bewoonbaar te maak nie. Desperate aansoekers se aanbod om dit op eie koste te herstel, word ignoreer.

Waar lê die probleem by keuring? Korrupsie, nepotisme, segregasie? Alles negatiewe faktore, want nood bly nood en haweloosheid is 'n werklikheid vir menige wat al jare lank op die waglys is.

Dié saak moet ondersoek word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer