SOE-wet dalk al middel Desember onderteken
Met net nog twee stappe in die proses oor, kan die nuwe wetgewing vir staatsondernemings binnekort van krag wees.
Ronelle Rademeyer
Die wetsontwerp op die bestuur van staatsondernemings (SOE's) kan dalk al teen die middel van Desember deur pres. Hage Geingob onderteken word, wat die wetgewende proses sal voltrek.
Só het die minister aan die stuur van die portefeulje vir staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, eergister gesê in reaksie op die verwysing van hierdie wetsontwerp na die Nasionale Raad vir bespreking en goedkeuring.
Dié huis het gister sy werksaamhede van sy laaste sitting van die jaar afgeskop.
Die wetsontwerp wat die minister se magte ter wille van beter bestuur van die land se SOE's uitbrei, is verlede week deur die Nasionale Vergadering verwys nadat die komiteefase daarvan sonder enige veranderinge afgehandel is.
Jooste het met die ter tafellegging van hierdie langverwagte wetsontwerp gesê dit sal die regering se toesig oor die SOE-sektor met sy waarde van N$93 miljard versterk.
Hy het aan sy medeparlementariërs gesê sy ministerie het baie tyd daaraan bestee om die kernredes vir SOE's se “ooglopende mislukking” te ontleed en tot die slotsom was dat die tweeledige bestuursmodel wat tans bestaan, werk nie.
“Hierdie is nie 'n Namibiese mislukking nie, maar eerder 'n algemene, wêreldwye scenario en daarom het baie lande reeds wegbeweeg na 'n meer sentrale bestuurs- en eienaarskapmodel,” het Jooste verduidelik.
Die ander wetsontwerpe wat na die Nasionale Raad verwys is, sluit in die wetsontwerp op basiese onderwys, die wetsontwerp op die herroeping van die strafproseswet, die Namibië depositowaarborg-wetsontwerp, die wetsontwerp op die nasionale simbole van Namibië en die wysigingswetsontwerp op die begrotingstoedeling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie