So mal soos ’n haas
Ek glo daar het al snaakse dinge met ons almal gebeur. Soms is die situasie baie snaakser vir die een wat langs jou staan as vir jou . . .
My oudste is gewoonlik die een wat die hardste lag as iemand so ’n bietjie teëspoed het. Ek sê altyd dit kom nie van my kant van die familie af nie, maar beslis van sy pa se kant af. Hy is ook die een wat 10 keer na dieselfde fliek kan kyk en elke keer vir dieselfde ding lag. Ek verstaan nog nie daardie een nie.
Ek hou gewoonlik nie daarvan om na seerkry-programme te kyk nie, maar dit is sy gunstelingtydverdryf. Ek sukkel soms om net daarna te kyk, want ek kan my net indink hoe seer daardie persoon gekry het.
Ek wonder altyd hoeveel mense ná die tyd hospitaal toe gehaas moes word en wie moes maande in die hospitaal deurbring net omdat hulle nie vir hulself gedink het nie. Ek verstaan as iets onvoorspelbaar met jou gebeur, maar op hierdie programme, soos byvoorbeeld Science of Stupid, dink ek meeste van die mense het voor die tyd planne beraam om dié toertjies uit te voer.
As ek hulle was, het ek my huiswerk om die toertjie uit te voer, baie beter gedoen en meer in die wetenskapklas opgelet. Die een ding van die program waarvan ek nogal hou, is dat hulle die wetenskap agter die “fout” wat die persoon gemaak het, verduidelik. Al kry die mense seer, leer iemand nog iets daaruit, én dit laat jou twee keer dink voor jy self so iets aanvang.
Wanneer mens na dié programme kyk, kan jy die gevolgtrekking maak dat daar baie waaghalsige mense in die wêreld is. Ek is ongelukkig nie een van hulle nie. As ek moet bieg – ek is soms spyt daaroor. Ek dink om die adrenalien te voel wanneer jy iets waaghalsig doen, kan ’n mens “lewend” laat voel.
My opinie is dat almal nie waaghalsig gebore word nie, maar jy moet in jou kinderjare die geleentheid gegun word om waaghalsige situasies te beleef.
As jy nie daarmee grootgeword het nie, gaan jy nie weet hoe dit voel nie.
Ek sê nie jy moet jouself in die proses beseer nie, maar iets soos go-karts ry, paintball speel, of net pretparkritte ry (veral dié wat die spoeg laat spat). Kinders doen dié goed gereeld. Daardie aktiwiteite laat die sweet my aftap en my hart wil gaan staan.
En moenie eers praat van aktiwiteite wat hoogte en klein spasies insluit nie.
Dan raak ek al wit in die gesig. Maar ’n mens is nie te oud om iets nuuts te leer nie. Miskien moet ek net uit my comfort zone beweeg en waaghalsig raak.
Dan kan ek ook “lewend” voel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie