Sneeugenot!
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel meer sneeu en reën asook yskoue weerstoestande oor die sentrale dele van Suid-Afrika.
Die Lootsbergpas op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap is gisteroggend weens swaar sneeu gesluit.
Volgens Charles Bramwell, provinsiale verkeerswoordvoerder, is die pad vir alle motoriste tot verdere kennisgewing gesluit.
Hy sê die N10 by Hanover is ook glad weens kapok in die gebied en word gemonitor. Dié pad is tans oop vir verkeer, maar motoriste word gewaarsku om uiters versigtig te wees.
Garth Sampson van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Port Elizabeth het gisteroggend gesê die sneeu val steeds op die Lootsbergpas en beweeg in die rigting van Hogsback.
Lana Els, ’n inwoner van Hogsback, het Maandagoggend bevestig dat dit wel in die dorp sneeu. “Dit sneeu in die dorp, maar baie lig. Meer sneeu val in die Gaika-gebied.”
Sampson sê sneeu het ook in Barkly-Oos begin val.
Op die Suid-Afrikaanse Weerdiens se webtuiste is daar ook waarskuwings vir sneeu op die Sneeuberg, die Winterberg-gebied en rondom Rhodes, asook tussen Willowmore en Joubertina.
DAMVLAKKE
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel meer sneeu en reën asook yskoue weerstoestande oor die sentrale dele van Suid-Afrika.
Damvlakke in die Wes-Kaap styg steeds goed en die gemiddelde damvlakke was gister 41,5% teenoor 23,6% verlede jaar in dieselfde tyd.
Verlede week was die damme 36,2% vol.
Die damme waaruit Kaapstad en die omliggende dorpe water kry, is 48% vol.
In die laaste sewe dae het daar 159 mm reën by die Bergrivierdam uitgesak en 51 mm by Theewaterskloofdam. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie