Sneeu lê dik in Oos-Kaap
In die Oos-Kaap in Suid-Afrika het temperature onder vriespunt gedaal toe hewige sneeuneerslae die naweek in die streek voorgekom het. Die sneeu het dik gelê by die Tiffendell-ski-oord, sowat 24 km buite Rhodes, en slegs ervare bestuurders van viertrekvoertuie kon die oord bereik het. Die Oos-Kaap, wat tans onder 'n hewige droogte gebukgaan, het die sneeu, asook reënneerslae in sekere gebiede, verwelkom. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie