Sneeu in September?
Net tyd sal leer of weervoorspellers reg was oor die voorkoms van ligte sneeu oor sekere gebiede in die Suide.
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het gisteroggend gesê dit is onwaarskynlik dat dele in die suide van die land van vandag af ligte sneeu sal ontvang, maar nie onmoontlik nie.
Terselfdertyd meen voorspellers nou die ergste koue sal eers van Vrydag af en oor die naweek posvat – ietwat later as voorheen voorspel.
Dié reaksie volg nadat Snow Report SA ná ‘n analise van die frontale stelsel, wat tans oor die Wes-Kaap aktief is, op inligting afgekom het wat genoeg ooreengestem het dat ‘n voorspelling vir baie ligte sneeu van moontlik vandag af op sekere hoogliggende gebiede in die Suide kan voorkom.
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, sê voor dit kan sneeu, moet temperature onder vriespunt én genoegsame vog gelyktydig aanwesig wees.
Hy het verduidelik ‘n baie diep afsny-laedrukstelsel sal na verwagting van vandag af oor die Namibiese binneland vestig, terwyl ‘n sterk hoëdrukstelsel wes van Namibië oor die Atlantiese Oseaan sal voorkom. Dié stelsel bring vog in en sal vir suidelike winde sorg.
Dit kan vandag en môre vir reën in veral die suidelike dele, maar ook oostelike en sentrale dele van die land sorg, terwyl dit reeds groot storms na byvoorbeeld KwaZulu-Natal in Suid-Afrika gebring het.
SNEEU NIE BEVESTIG
Kgobetsi is egter huiwerig om Snow Report SA se voorspelling vir sneeu te bevestig.
“’n Skielike verlaging in temperature in die suide het sedert gister posgevat en Keetmanshoop se minimum temperatuur sal na verwagting vandag op sowat 7 °C staan. Dit kan Vrydag tot onder 3°C daal.
“As die dagtemperature in ag geneem word, val dié dorp se weer vir môre in die matige kategorie,” het hy verduidelik.
Kgobetsi het bygevoeg dagtemperature sal vandag, veral in die Suide, onder 20°C wees, en teen Vrydag sal dit nóg laer daal.
“Teen Vrydag kan minimum temperature op plekke in die Suide tot onder 0 °C daal,” het hy gesê.
Dienooreenkomstig dui weerkaarte van Meteoblue aan die grootste koue gaan Namibië eerder teen Vrydag, Saterdag en Sondag tref.
Dié weerdiens dui aan minimum temperature kan van Vrydag af oor die groter suidelike dele van die land en tot sover as die sentrale dele voorkom – dieselfde geld vir Saterdag en Sondag.
Die koue sal volgens dié voorspelling eers teen Maandag wyk.
HIÉR KAN DIT DALK SNEEU
Snow Report SA het Woensdagaand gesê sekere plekke is in die Suide geïdentifiseer, wat hoog bo seevlak lê en dus sneeu kan kry.
Die eerste hiervan is die Groot Karasberge tussen Karasberg en Keetmanshoop, wat sowat 2 200 m bo seevlak lê.
Ligte sneeu kan ook op sentrale hoogliggende gebiede tussen Keetmanshoop en Maltahöhe, naby Helmeringhausen, voorkom. Verder bestaan ‘n moontlikheid van ligte sneeu verder noord op hoogliggende gebiede suid-oos van Maltahöhe.
“Daar is ook ‘n kans op ligte sneeu nog verder noord in die berge rondom die Naukluft Bergzebra-park. Suidwaarts op die bergreeks noord van Rosh Pinah naby die Richtersveld Nasionale Park kan ligte sneeu ook voorkom,” sê die verslag.
“Hoewel sneeu ‘n ongewone verskynsel in Namibië is, het dit al vantevore gebeur. Dit lyk of baie ligte sneeu teen môre teen die middel van die dag kan val,” sê die weerdiens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie