SMS'e vir 9 September 2020
SMS'e vir 9 September 2020

SMS'e vir 9 September 2020

". . . 'n meer positiewe luim . . ."
Mandy Rittmann
Volgens die Verkiesingskommissie verloop die registrasieproses sonder hindernisse, maar nou sit 3 familielede al sedert 08:00 vanoggend (Dinsdag) by 'n punt hier in Swakopmund (nou 11:45) en steeds is die proses nog nie afgehandel nie. Hoe rym dit dan? Dit het vier en 'n halwe uur geneem. - Swakopgroete Jan Calitz



Ek daag alle koerante en private radiostasies uit om vir 'n week niks oor Covid te berig nie. Dit sal almal in 'n meer positiewe luim sit. Media dryf hierdie goed onnodig, sensasie!



Ek is baie bekommerd oor die skole wat heropen. Ek het vandag 'n skool gesien waar die kinders saam speel, dig bymekaar sit en gesels. Dis uiters gevaarlik, die virus kan maklik oorgedra word. Ons moet onsself beskerm.



Onderwysers, julle is nie spesiaal nie. Kassiere by elke winkel, petroljoggies, tronkbewaarders, bankpersoneel en so kan die lys aangaan het elke dag kontak met 40 plus mense. So stop julle selfbejammering en begin werk. Werk soos die res van Namibië.



Kiesers. Ek bly in Eros al 30 jaar, maar skielik is my kieserskaart ongeldig, want voorheen was ons Windhoek Rural en nou is ons Windhoek East. Kry jou kaart reg en gaan stem.



It is sad that the majority of Windhoek residents do not bother to keep the pavement in front of their houses neat and clean. Surely it is not that difficult?

Kommentaar

Republikein 2025-05-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer