SMS'e vir 9 Maart 2021
SMS'e vir 9 Maart 2021

SMS'e vir 9 Maart 2021

"Kyk maar die video's . . ."
Mandy Rittmann
TransNamib moet eerder belê in ordentlike nuwe lokomotiewe. Kyk maar die video's van hul lokos wat sirkuleer. Die rokende, besoedelende twee wat by Arandis werk, is nou al jaaaarrrrre só.

Ek wil graag weet hoe of wat by staatshospitaal Walvisbaai aangaan. Op 3 Maart is ek gesê om my chroniese medisyne voorskrif te hernu. Ek het my paspoort by die staatskliniek ingegee vir goedkeuring en op 8 Maart is vir my gesê dat die dokter dit nie geteken het nie, omdat hy siek is. My groot vraag is: afgesien van voorskrif vir medisyne, wat van pasiënte wat na ’n dokter verwys word, maar hy is siek en wat van ’n plaasvervanger?

Daar is elke Sondagmiddag vanaf 13:00 tot laat baie harde geraas en musiek. Sokker word gespeel op die die ou TransNamib-sportvelde. Geen mens kan ’n bietjie rus nie, dit is erge rusverstoring. Kan die persone in beheer nie daadwerklik ’n plan maak om die geraas te stop nie? Die polisie sal beslis die volgende keer gekontak word vir ’n verdere ondersoek. Die sportvelde is in Pionierspark.

Ja, maak soos die Eros-gemeente maak. Maak alle paaie reg. Moet net nie julle pligte as gelowige Christine versuim om steeds diegene wat veronderstel is om dit te doen volledig te betaal nie. Die Woord leer mos gee aan die meester wat die meester toekom. Iemand sal jul seën - nie ek! - Worsman

Ek wil ontslae raak van ’n oorhoofse projektor. In geval u belangstel, skakel my asb. by 081 657 6509. Waar en hoe kan ek ontslae raak van uitgediende elektriese toerusting, byvoorbeeld ’n dupliseermasjien vir kassetbande (tapes)?

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer