SMS'e vir 9 Februarie 2017
“Ons soek eerlike mense daar . . . ”
Swartbooi beplan nie nuwe party: Ag toe, mnr. Swartbooi, begin vandag nog sommer jou eie party! Die grondloses in die land is baie, so jou ondersteuners sal ewe veel wees!
Is daar regtig niemand wat bevoeg genoeg is om die werk by Rehoboth Town Council te gaan doen nie? Ons soek eerlike mense daar, wat weet wat hulle doen en wat die rekeninge van NamWater en NamPower betyds kan betaal. Wat ook alle agterstallige gelde kan invorder en stappe kan neem teen nie-betalers. Kan ons probeer om ons eens trotse dorp terug te bring?
Veels geluk ACC met die goeie werk by die landbou ministerie. Hoe lyk dit met ’n soortgelyke operasie by die werke? Julle sal julle gate uit geniet!
Ontvanger van inkomste laat weet per SMS dat my opgawe van 2015 nog nie ontvang is nie en verskaf twee telefoonnommers om te skakel. Probeer skakel: die een nommer bly beset, terwyl die ander na twee minute se gelui oorskakel na ’n afgewaterde vorm van ’n SA Spoorweg eetsalon-klingel. Kan hierdie SMS as ’n bewysstuk by die hof ingedien word ?
Kan ministerie van finansies vir ons sê hoekom het hulle ’n "call centre"? Die foon word nooit geantwoord nie. Haal alle telefone dan uit by julle "call centre", dan spaar julle darem geld.
Wie was Nestor Tobias se afrigter? Laat hy advies by die spesialis vra wat boks is.
Dis so ongelooflik dat ’n klein plekkie soos Kalkrand so vol onheil kan wees. "Drugs" en dagga is volop te kry. Ek weet nie wat maak die polisie met die een man wat almal weet "rocks" verkoop nie. Elke kind op straat of volwasse persoon weet wie dit is. Wil die polisie sê hulle weet nie wie "drugs" verkoop op Kalkrand nie? Baie snaaks. Ons kinders is verslaaf en steel tot kos uit die huis vir "drugs" en dagga. Ek praat nie eens van geld en ander goed wat gesteel word nie. Die ouers moet heeldag en aldag alles sluit wat jy kan. Skrik wakker, gemeenskap en polisie. Môre is dit dalk jou kind wat verslaaf is.
Rome brand en die CEO van Rehoboth sit in Swakop.
Graag vind ons uit as publiek wat is die bedrag wat aan skole se renovasie geskenk gaan word van die Heino-vertoning soos gereël deur die liefdadigheidsorganisasie se Fly and Help, ene meneer Rainhard? Dit is mos nou ons geld, die publiek, Jan Alleman, wat die skenking maak. Wonder maar net hoekom is hulle nou so stil. Die liefdadigheidsorganisasietjie! Altyd vinnig om ons te betrek. Maar nie so vinnig om ná die tyd met ons te deel nie.
Sal graag wil weet of Nujoma, Pohamba en Geingob ook belasting betaal op hulle inkomste en byvoordele.
Ek saluut die gemeenskap van Rehoboth wat by die optog was. Die 95 % wat nie daar was is ’n bewys julle is tevrede met wat daar aangaan. So Rehoboth Basters, ek wil julle nie weer hoor kla nie. Geniet die stink reuk. Die ruiter in swart
Ek dink dit is hoog tyd dat daar ondersoek ingestel word na die spookwerkers by die Rehoboth Dorpsraad. Almal, vanaf skoonmakers, straatveërs, rioolwerkers tot die elektrisiteit, water en die rondsitters. Die hele boksemdaais sodat ons kan sien waarheen die geld gaan.
Ek is ’n groot aanhanger van Des Erasmus se rubrieke en bydraes. Was egter effens teleurgesteld in sy opskrif “Buurman kry slae by viswaters”. Sou baie eerder iets soos "Namibië verniel S.A. by viswaters" wou sien! Groot Patriot
Geluk ACC dat julle darem een grootkop kon vastrek. Net jammer julle het “minder sukses” met ander hoës.
Die Dept of Home Affairs skeep ons af hier in Oranjemund. Hoe lank gaan ons nog vir julle wag?
Air Namibia, julle vertraag vlugte en as mens vra wat is fout, word jy vertel die vliegtuig is stukkend! Maak mens bang.
Plastic Packaging Keetmanshoop, wie is die "rep"? Daar kom nooit ’n "rep" nie, maar daar word afgelewer.
Bestaan daar troeteldiervriendelike vakansiebestemmings en / of kampeerplekke in Namibië? My 10-jarige, opgevoede viervoetkind wil saam gaan vakansie hou.
In Suid-Korea is die president se vriendin vir bedrog gevang. Toe word daai president tydelik geskors, want sy moet ook in die hof verskyn. Nou moet die polisie dieselfde hier doen.
Vra eerder hoekom mens se "g-tvol" as om te fokus op ’n beginsel. As jy dit as neerhalend sien, bly eerder in jou huis agter toe deure. Duidelik is "g-tvol" vir jou gevaarliker as ’n muskietbyt. Generaal G-tvol
Aranos polisie staan en kyk hoe die huise brand sonder om te help om die brand te help blus, maar as gesê word daar is geslaag, kom loop hulle jou om oor die vleis. Help! Ons vergaan in Aranos.
Wat baklei almal oor die ouderdom om lisensies te laat hertoets? 1. Laat almal wat by ongelukke betrokke is hertoets word. 2. Meer as drie boetes, dan ook weer getoets word. Dan is daar mos iewers fout?
Onderwysers van graad 1 en 2, help my asseblief met prente van die "gingerbread boy". My nommer is 081 886 2852.
Ek het op 10 Januarie my man se magsertifikaat, doodsertifikaat en ons huweliksertifikaat in Windhoek verloor. M. A. Scholtz. As u dit vind, SMS of bel asseblief 081 352 2924. Dit sal baie waardeer word.
Groot dank aan ons poskantoorpersoneel in Rehoboth. Julle is werklik ’n aanwins vir ons gemeenskap! Vriendelik, behulpsaam, flink en te alle tye in ’n goeie stemming! Hou so aan! Leon en jou span, julle is tops!
Hy noem homself Chris van Wyk. Hy is ’n skelm wat van ’n private nommer af vir jou bel en sê hy werk by FNB Mariental wat nie so is nie, en ’n polis gaan vir jou uitbetaal word. Jy moet na ’n ATM gaan om dit oor te betaal. Gee tot polisnommer vir jou. Wees bedag op sulke oproepe.
Mariental Nampol: Hoekom gee julle nie aandag aan die saak waar 'n oupa op 20 Januarie deur 'n taxi gestamp is nie? Wag maar, julle word ook so oud. Skaam julle.
Wil ’n vriendelike, dog dringende versoek rig aan die relevante owerhede wat in beheer is van rentekoerse, veral op die uitleen- en terugbetaalmetode van “quick loans“ of “micro loans“. Ons arm mense word regtig uitgebuit. Ek betaal aan ’n lening by een van hulle, maar elke maand is die balans net hoër. Asseblief, neem kennis en ondersoek korrupsie.
Namibia GRN, dink logies. Die arme Kinghorns wat iets vir die land se arm mense beteken het, moet nou pak en gaan. Wat ’n skande. Ons GRN laat Chinese toe om te kom afbreek soos hulle wil. Glo my vry, hulle is nou daagliks in ons koerante. Hoe ken jy hulle uit? Gebruik julle se “noodles”, Namibiërs.
Katutura hospitaal, veral die kraamafdeling, baie dankie vir julle hulp, want julle het al vyf my kinders daar gekry. Hou aan.
Wat maak jy met ’n hond of eienaar as die hond heelnag blaf, want eienaar trek skouers op?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie