SMS'e vir 9 Augustus 2018
SMS'e vir 9 Augustus 2018

SMS'e vir 9 Augustus 2018

“. . .verbind die 2 geboue. . .”
Dani Booysen
Geduldig, gedweë, Hosea Kutako toets jou geloof! Hoekom maak hulle nie net ou JG Strijdom-gebou die aankomste-terminaal en verbind die 2 geboue met kuns-, kultuur- en eetplekkies?! 'n VIP-terminaal het ons NIE nodig nie!



Inligting en organisasie teen dwelms is goed, maar alles te vergeefs as dwelms met groot gemak deur die landsgrense kom. Daar was ook baie duidelike SMS'e waar en hoe dwelms uit huise, karre, skoolsakke en direk op straat verkoop word. Wat van sommige amptenare en ambassades wat immuniteit geniet? “Hubbly” pype is ook nog vrylik beskikbaar. So wat praat ons?



President Geingob wil armoede uitwis. Republikein van Vrydag 3 Aug. Dan moet hy eers begin met die klomp Chinese wat oral werk en ons arbeiders nie aanstel nie, ens. Verder kan daar begin word om die salarisse van ministers en parlementslede te snoei of hulle moet van hulle duisende dollars afstaan en kos vir die behoeftiges koop.



Alles verhoog aggressief opwaarts. Besef die arme belastingbetaler dat net 10,2% van die bevolking wel belasting betaal en vir alles moet instaan? Die res kan nie en die ander wil nie. Skrik wakker, win kennis in en moenie met oogklappe rondsluip nie. – SAP&H



Napwu-kantoor te Keetmans toe weens water en elektrisiteit opgeskort weens nie-betaling van dienste aan verskaffer. Haarsalon wat pligsgetrou hul huurooreenkoms nagekom het, moes hul kompleks ontruim en ander huurplek bekom. En die ledegelde aan Napwu wat van salarisse verhaal en oorbetaal word? Blykbaar is dit politiek in die enjinkamer van werkersunie se hoofkwartier waar die wrywing is.



Rehoboth, oor 'n jaar en 'n half is jy 150 jaar oud, 'n eeu en 'n half. Dankie voorvaders, rus sag. Moet nie waag om te wil kom kyk nie.



Is dit reg as die vrae­stel sê 2 ure, maar dit word gesê hulle kan net 1 en 'n half uur skryf? En in daai 1 uur 30 min. moet die onderwyser eers nog die vraestelle bind voor leerlinge kan begin.



Ja, Ollie. Manne wat nie bier kan vat nie het 'n probleem. Ons wat kan, geniet dit en dis baie gesonder en voedsamer as alle gaskoeldrankies.



Koës-nedersetting se dorpsraad onder die voorsitterskap van die regerende Swapo-partylid Augus Cupido en die uitvoerende beampte Willie Humphries hou die klein dorpie se gemeenskap in boeie met leuens oor die terugvoering van die vreedsame optog wat die gemeenskap gehou het. Die inhoud van die klagskrif (bv. 'n geknoeide aanstelling sonder die aangewese kwalifikasies en advertensie van die posisie) is vir die minister van plaaslike owerhede bekend, maar weens vriendskappe is die gemeenskap se klagstaat daarmee heen.



Ek ondervind dat Shoprite se pryse op hul kruideniersware nog altyd redelik bekostigbaar is. Nou eis die werkers hoër lone en volgens my eina-brein sal die pryse op alles ook moet opgaan vir almal en oor 'n paar maande staak die werkers weer vir hoër lone. Net 'n bose kringloop as jy my vra.



If the 5.6 billion fuel storage facility is to be run by the Govt parastatal NPCN we can be sure that it will be mismanaged like all others and cost taxpayers hundreds of millions in bailouts yearly like all others. Poor Namibia!!



Burgemeester, laat maak asb ons dreine in Gemengde 1- en 2- en Ovambo-lokasie reg. Ons kan nie so lewe met stinkreuke vir maande nie.



Sien by die mediavrystelling in Republikein van 6/8/2018 “update on water situation. . . WATER FEATURES: Public pools (pool cover is compulsory).” Sover ek verstaan, is dit munisipale swembaddens? Glo my, hulle het nie 'n “pool cover” nie. Of is hier 'n Namlish taalprobleem. Moes dit nie dalk “domestic pool” gewees het nie?



Kan julle asb die skakel (een van baie) vir Otjiwarongo-munisipaliteit stuur, of miskien vir almal. Mens doen “public participation” en goeie beplanning voor jy publieke geld mors en nog ekonomiese skade aanrig met spoedberge. https://www.radarsign.com/why-municipalities-are-moving-away-from-speed-humps/



Ek hoop dat die ander firmas van SA wat soos paddastoele oornag opskiet in die vervoerbedryf sien ook wat aan die kom is. . .



Wat gaan met vandag se manne aan? Hulle lê by die huis en die vrouens moet hul afsloof om die pot aan die kook te hou. Is die man dan nie die voorsiener nie? Manne moet hulle regruk en ophou die verskoning gebruik van hulle kry nie werk nie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer