SMS''e vir 8 September 2016
“. . . baie vet wat afgesny moet word . . .”
My besigheid is my intellektuele eiendom en geen regering kan my dwing om enige persentasie daarvan te verkoop of weg te gee nie. Ek alleen het daardie eiendomsreg. Op my rug word daar nie gery nie.
Mnr. John Frederiks slaan die spyker so netjies op die kop. En jy wat sê hy moet in Afrikaans skryf, jy het ’n keuse om te lees in Engels of Afrikaans nes hy die keuse het om dit wat die waarheid is, te skryf aan die koerant in die taal wat hom aangaan. Hy is 100% reg. Los daardie verskonings. NEEEF is korrek en moet geïmplementeer word om balans te bring in Namibië.
Minister Schlettwein sê van nog begrotingbesnoeiings: daar is baie vet wat afgesny moet word. Hoop oom die “fat cats” reël vroegtydig by ’n dokter om die vet te laat afsny en uitsuig. – Mooie lywe
Swak beplanning van Nantu. Geen stembriewe by stempunt, tyd gemors vanaf 14:00 tot 17:00. Hoe kan ons so ’n unie vertrou om vir ons te onderhandel? – Gefrustreerde onderwyser
Calle, begin sommer die besnoeiing by die Nasionale Vergadering se lede se salarisse. Daar is nie een van daardie lede wat nie ’n plaas of ander besighede besit nie. Besnoei asb. konstruktief. Moenie laat die vettes nog vetter word nie en die maeres uitteer nie.Sorry mnr. Calle, wat verwag jy van so oorgrote “Government”? – Strandwolf
Ek sit en lag oor die jaloerse mense wat dink FNB Wanderers behoort nie in die Gold Cup te speel nie. Dit het niks met boetie-boetie te doen nie.
Nie almal het goed gevaar of gehou van skool nie. As diesulkes nou maar net wil stilbly oor onderwysers (logies haat julle hulle) se salarisse so stil soos julle was met antwoorde in die klas. Ek as afgetrede onderwyser wie se kleinkinders nou op skool is, kan vir ’n feit sê my salaris was nog al die jare EEN GROOT GRAP by my kinders. Hulle het altyd gesê is daar nog mense in hierdie moderne eeu wat soveel “pay” soos “daddy”? Dit was nooit vir my nodig om aan hulle voor te skryf waarvoor om nie te leer nie. Voor direkte salarisinbetalings in die bank en die gebruik van bankkaarte, het die bankklerke altyd onder mekaar gefluister as jy voor hulle staan aan die einde van die maand. Ai foeitog, hier’s hy alweer met sy tjekkie. ’n Onderwyser kan lankal nie meer sy/haar salaris vergelyk met ’n “painter” s’n nie (met respek teenoor hulle). Dit bly ’n groot grap. So staak! Ons ouer geslag was te swak en lafhartig. – Gewese onnie
What will happen to us the temporary teachers if we strike? Not that we want to, but if we are forced by the circumstances? What will happen to us? Will NANTU fight for us to be reinstated? I’m worried.
Venaani is besig om ons regering te ontwrig. Hy is ’n opsteker.
Vandag (6/9) se koerant het my gebed verander. Liewe Here, sal U asseblief almal wat so sleg en negatief oor die onderwysers in die koerant skryf, vergewe en hulle almal se nageslag onderwysers maak, omdat U op aarde ons almal se behoeftes en diepe bekommernisse ken, vra ek U my Vader, amen.
Dronkbestuurder kry borgtog wat deur sy toedoen ander mense se dood veroorsaak het en klein kinders wees gelaat het. Sluit hom vir altyd weg.
Karibib se drinkwater stink. Dis al vir ’n ruk lank so. Kan iemand daarna kyk asb? Dit kan nie veilig wees nie.
In 99% gevalle is ’n voertuigongeluk nooit ’n ongeluk nie. Dit is uiters swak gedrag en maniere, eiewyse sienswyse, growwe nalatige bestuur en ’n erge strafbare kriminele oortreding. – Formule F1
Ek het my handsak met my beurs en selfoon in my sak vergeet in ’n taxi. Ek was mal van bekommernis, want ek het klaar geweet wat gaan nou met my goed gebeur. Groot was my verbasing toe die taxi gaan omdraai toe hy ontdek my sak is in die kar en dit vir my kom gee met alles in. Die Here gaan u besigheid ryklik seën omdat u so eerlik was. Dankie dat daar nog sulke eerlike taxi’s soos u is.
Die Groot Boek predik en leer ons tog gee aan die keiser wat die keiser toekom. Ons land het nie ’n keiser nie, maar wel ’n president en regering. So waarom gaan die bohaai nou as die president vat wat hom toekom as ons nie wil gee nie? As jy nie daarmee tevrede is nie – vat jou goed en trek Ferreira! – Jan Brand
Soms wonder ek hoekom iemand wat nie die omstandighede ken nie en wat nie in rou en seer gedompel is nie, of so dink ek, nog sulke aantygings maak oor gekoopte lisensies. Dit sal veel beter wees om vir die familie sterkte en simpatie toe te wens, want nou het hulle dit nodig en nie dat daar sulke negatiewe woorde geslinger word nie.
Ek is ’n eienaar, besigheidspersoon. Ek het ’n BSc en NBA wat my agt jaar geneem het en nog vier jaar om my studieskuld af te betaal. Ek doen besigheid om geld te maak. Indien anders sou ek ’n maatskaplike werker, sendeling of vroedvrou geword het. – Zolan
Ek wil die mense van Rehoboth gelukwens met hul saamstaanaksie om hul patetiese dorpsraad tot verantwoording te roep vir die dorp se toestand. Kom die hele land se mense, doen dit. Kom ons maak skoon, herstel en stuur die rekening vir die raad of regering via ’n betroubare prokureur of regsman. Die meeste buurtwagte is ook meer suksesvol as die sogenaamde polisie met die opspoor en oplos van misdade. Verdagtes word net weer vrygelaat. Ek dink ons het ons sogenaamde regering en sy rade genoeg tyd gegee.
Otjiwarongo se pensioenarisse (oumense) se water is toegemaak deur die munisipaliteit. Nou moet arme oumense as hulle “pay”, gaan betaal om water te kan hê. Dis ’n skande. Mnr. Ismael /Howoseb, kyk tog daarna asb.
Dit klink darem snaaks. Ek skuld duisende dollars vir water, maar ek reël ’n optog om te kla oor swak dorpsbestuur? Betaal jou rekeninge en wys dan vinger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie