SMS'e vir 8 Julie 2016
SMS'e vir 8 Julie 2016

SMS'e vir 8 Julie 2016

Gerine Hoff
Kan enige persoon van die polisie kommentaar lewer waarom duisende mense in Namibië met gevaarlike messe daagliks in hulle besit rondloop. Daar sterf meer mense in Namibië maandeliks as gevolg van messteke as vuurwapens. Doen iets daaraan, daar gaan nog baie sterf as gevolg van messteke.

Nou dat ’n politikus in ’n ongeluk was oor beeste op die pad, sal iets gedoen word?

Kan nie glo munisipaliteit verhoog tariewe nie. In die moeilike tye! Of gaan dit liefs oor die salaris­verhogings? Ek sou sê dit kon hul oorgeslaan het vir ’n tyd lank en tevrede wees met wat hul reeds kry.

Wat is so special aan bekende sportsmanne dat die wet hulle so bevoorreg? Oscar 6 jaar vir moord, sit miskien 3 daarvan? Messi kry 21 maande tronkstraf vir tax evasion, maar hoef nie tronk toe te gaan nie? Hoe lank het Harry Simon gesit vir 5 menselewens? Hoekom kry gewone mense dubbel en drievoudige sentences? Waar is geregtigheid?

Hoekom moet ’n mens elke dag voor vinnige karre vlug. Die mense ry hope­loos te vinnig en as ’n voetganger loop jy elke dag risiko om raakgery te word. Dan het hulle nog die vermetelheid om toeter te druk in plaas van om stadiger te ry.

Mnr. Haingura, ons onnies maak staat op Nantu. Laat die regering diep in hul staatskoffers krap. Daar is geld – betaal ons!

Ek verwys na die SMS oor “die leer is sleg in Keetmans”. Hoe het hierdie persoon dit reggekry om as pensioe­naris te registreer? Volgens sy ID nommer is hy nou 46 jaar oud. As ek reg is, kom jy eers in aanmerking vir pensioentoelae op 60. Miskien moet ACC bietjie ondersoek instel. - Bekommerde Belasting Betaler

Dankie Karasburg biblioteek werkers vir uitstekende diens aan die publiek. Hou aan met die goeie werk. – Dankbare Karasburg-inwoner

RUL Trustees en Winston Groenewald, hoekom reël julle nie ’n press conference en vertel ons wat gaan van ons mans se geld word of wat julle met dit gaan doen nie? Ons het registrasies gedoen, ons het net soos ander betaal om die hofsaak te wen en nou word ons uitgeskop.

Kan die verkeersafdeling van Windhoek my asseblief antwoord. Twee keer word my dogter se motor gestamp en albei kere het die ander partye nie hul lisensies by hulle nie. Hoe werk dit?

Ek het ’n vragie aan die rade van Koës. Hoekom moet mense betaal vir dienste wat julle weet wat hulle oor 6 maande of maklik ’n jaar eers sal kry? Kyk die rente van N$360 in julle bankrekening wat die mense vir dienste betaal, maar daarsonder­ moet bly? Watermeters is ’n voorbeeld wat installeer moet word. Hoekom moet julle die mense so misbruik? Asseblief, dis mense wat vir jou toelae van N$2 400 bewerkstellig het. Antwoord asb. hierdie vrae in ’n gemeenskapsvergadering.

Colleague Gerson de Wet of Otjiwarongo, thank you for doing an efficient admin job you are doing for the former Rossing surplus members in Otjiwarongo and surrounding areas. Keep up the good work. – Former RUL workers

Ontstelde veewagter Rehoboth, wil u asb. u nommer SMS. Ek soek dringend inligting i.v.m. veewagters asb. Ek is ook van Rehoboth. Kom ons help mekaar. Dinge sal regkom.

Tannie wat kla oor sleg pa, hoekom het jy vir hom gaan lê? Was dit om geld te kry vir kinders? It takes two to tango!

Ek wil vra dat RHB kliniek ontslae raak van daai Kubaanse dokter. Hy sal ons mense laat doodgaan. Hy ken nie sy werk nie. My vrou het ’n trombosebeen, die klont is al in haar lies. Die ander been droog al uit. Al die dokters van WHK ken haar, hulle het haar behandel. Die Kubaanse dokter in RHB besluit dis ’n wind in haar are. Asb. stuur hom terug na sy plek waar hy vandaan kom laat hy sy mense gaan behandel of ek sal regstappe moet neem.

Nou kla die mammas weer oor pappas wat meer regte het en nie kan onderhou nie al is hulle hooggeplaasde besigheidsmanne. En so word alle mans weer oor dieselfde kam geskeer. Los dan die hogere besigheidsmanne uit! Geld koop nie geluk nie. Julle het daai besluit gemaak. Daar is vele van ons mans wat alles sal gee vir ons vrou en kinders, maar ons klein bank­rekeninge beteken dat ons nooit “goed genoeg” vir julle is nie. Hoekom is daar in elk geval so baie enkel mammas in Namibië? Jy hoef nie te “ja” vir alles nie. Hou daai kniekoppe bymekaar.

Somtyds is die regte besluit nie in die boek of aanvaarbare beleid nie. – SAP&H

Hoe mag 2 jaar terug se graad 12-leerling vir graad 0- en graad 1-kinders klas gee? Onderwysers is veronderstel om geleerd te wees, dan nie? Dit gebeur in Oranjemund.

Wil graag vir die Hendrik Tseib komiteevoorsitter mnr. Jash, ook raadslid, vra waar sy interest is by gemeen­skap of net Salini-aangeleent­hede. Want dit klink na ’n conflict of interest. Call a public meeting Mr. Jash and resign from Hendrik Tseib.

Volgens die 2de SMS van 7/7 kan duidelik afgelei word dat daardie vrou vir Oscar ondersteun. Sy sê dit kon haar seun ook gewees het, maar wat as sy sou sê dit kon haar dogter gewees het wat gesterf het? Haar storie sou baie anders gewees het. Sy stres is net sy eie skuld en boonop nagemaak.

Kan die ministerie van onderwys vir my sê hoekom kan die ander skole van Mariental se onderwys nie ook vir naskoolklasse N$300 vra nie? Ek dink dis die onderwysers se plig om die kinders te help . Nou moet ons betaal.

Taxi K407. Was 3 mense binne, vra vir my huishulp 40 dollar tot Maerua Mall.

Kyk, dis nou ’n infame leuen om vir my te sê dat die gewese voorsitter nie ’n onwettige sinode uitgeroep het nie. Op die 24ste Junie 2016 het hy ’n brief van uitnodiging aan die gemeentes gestuur wat deur hom geteken is en ge-CC aan die biskop en administratiewe bestuur.

Mense, almal wat belasting betaal is op ITC. Of jy skuld het of nie. En die mense wat jou op ITC sit, moet vir jou ’n brief gee wat as bewys dien dat jy klaar betaal het en hulle moet jou afhaal van die swartlys af. Maar die gegewens gaan bly dat jy geld geskuld het op ’n stadium. Onthou, jy sal nie op ITC geswartlys word as jy jou skuld betaal het nie.

NBC, wat het geword van THIS TV? Word dit nie meer aangebied nie?

Laas het ek gepraat oor ons hoër­skool in Gibeon van die anties wie se manne so kos wegdra. Hulle doen dit nog steeds. Gaan kyk hulle se yskaste, moenie die matrones uitlos nie. Dis juis hulle. En ons wat betaal, kry honger en min kos.

Ek is op soek na sleutels wat ek +- 4 weke terug by Maerua Mall verloor het. Die 2 sleutels was aan ’n groen, plastiese sleutelhouer. As iemand dit dalk opgetel het, bel my asb. by 081 124 9366.

Stem saam met SMS’e dat ex-SWAGM en Koevoet die regering moet hof toe vat, maar hoekom kan die MPs van verskillende opposisieparty nie vir die vegters ’n prokureur aanstel nie? Hulle pay mos vet tjeks. – Great uncle, Rehoboth

My raad aan die mense wat die Ebenhaeser-parogie van die Lutherse Kerk op Rehoboth verlaat het en na Exodus getrek het, is gaan terug Ebenhaeser toe. Exodus is nie ’n gemeente van die ELKRN nie en as Exodus doopseëls, bydragkaarte en amptelike dokumente van die Lutherse Kerk sal gebruik, is dit bedrog. Exodus kan ook nie onder die naam van die ELKRN dienste hou of mense begrawe nie. Julle kan ook nie “claim” dat julle van die Lutherse Kerk is nie.

Ek is dringend op soek na 3 Kwangali Bybels. Nuut of tweedehands. As iemand weet waar ek dit kan kry of koop, sal ek dit baie waardeer. – 081 255 8331

Ek is op soek na kefir-saad. Kan iemand asb. vir my sê waar kan ek dit koop. Ek het verstaan dit word by gesondheidswinkels verkoop.

Kan Telecom Namibia asb. e-mails lees of hulle werk reg doen en my betalings allokeer teen my rekening. Ek skuld julle beslis nie so baie geld soos op julle staat nie.

Waar in Windhoek kan ek die bussies van Gobabis vind asb. – 081 808 9734

Opsoek na ’n DVD van Vallei van Sluiers. Kan iemand laat weet waar kan ek dit kry asb.?

Kan Paul Brits van die NBC Afrikaanse Diens asb. dalk aangewend word as ’n “konsultant” om al die Afrikaanssprekende personeel die ware tegniek, taalgebruik, dissipline, etiket, woord- en sinsgebruik so ook die fynere kuns van 'n ware uitsaaier te leer? – Amen

My klasmaats van Rehoboth Hoër 1988 std 10 D, ek soek julle dringend. SMS my asb met jou naam by 081 493 6304. Ons hou reünie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%