SMS'e vir 8 Februarie 2021
SMS'e vir 8 Februarie 2021

SMS'e vir 8 Februarie 2021

". . .emosie oor geld. . ."
Mandy Rittmann
Ek verstaan nie die regstelsel van Namibië nie. Romio Schiefer word 84 jaar tronk toe gestuur vir twee persone se dood. Morne Mouton is verantwoordelik vir drie persone se dood, maar kry drie jaar of N$15 000.00.

Ons het darem ’n wonderlike regstelsel! Mouton is dronk (hy is onskuldig bevind op die klag - Red.), ry drie mense dood en word aangekla vir manslag en kry N$15 000-00 boete, maar Dippenaar word aangekla vir moord en daar was geen alkohol in sy bloed nie. Dis mos nou uit en uit rassisme! Hoera vir ons wonderlike o partydige regstelsel.

What’s happening with Hardap Education? They are no where to be found amongst the top performers. They are so busy with virtual meetings and virtual conferences, writing letters with google language, but up to now schools are still without teachers. How will learners perform if in February they still sit idling. The top management are now doing the work of HR by scrutinizing teachers applications and deciding whom to appoint. Favoritism is at the order of the day. Teachers who are busy studying are without posts, while others are appointed. Madam Executive Director should investigate this.

Gesprek met mnr. Links oor korrupsie. Hy is ’n navorser oor korrupsie en hy is ’n bekommerde man oor ons mooi land. Tot ACC is ook korrup.

Prof. Coetzee het gesê hoe korrup die land is, dit is waar. Gee ’n verklaring by die polisie, hulle vra daarvoor die veediefstaleenheid, maar hulle daag nie op nie. Die korrupsie is een te veel. Wonder hoekom daag hulle nie op nie.

Baie beweer hulle is professioneel en word nie deur emosies beïnvloed nie, maar dan dink ’n mens nou ’n bietjie en kom agter dat daar tog een emosie is waaroor hulle baie ernstig is. Die emosie oor geld en ’n lekker vet bankrekening.

Dis die seisoen vir die honde. Ek kyk hoe honde-eienaars op Rehoboth omhein en sink pak om die reun van die teef hond weg te hou. Nou wil ek weet, kan ouers nie so sink pak om hul dogters soos tieners in Rehoboth swanger word? Jo!

Ja. Geen mens verdien respek nie, jy moet respek afdwing om enige respek te verdien. Die beeld en voorbeeld wat jy uitdra, dis wat mense van jou dink en sê.

Kan iemand my reg help. Is dit reg of verkeerd: jy is ’n kind van die Here, maar jy is teen jou eie kind. Kyk eens nie na die kind nie, is die Here tevrede met dit? Lees van Handelinge 13 vers 10. Die kind het nie gevra dat hy op die aarde moet wees nie.

Ragel, ek wil net my dankbaarheid vir die goeie werk uitspreek wat speurder Van Wyk en sy span van Rehoboth doen deur die bees- en veediewe gou te kry. Sterkte aan julle. Soms is hulle ook gewapen, maar dankie vir Onse Vader wat altyd sy kind bewaar. Alle polisie val onder my dankie. Ek wil ook Karasburg se span, waar Van Wyk ook saam met sy span werk, bedank vir hul mooi werk. Sterkte aan almal. Jesus se krag is in julle bloed.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer