SMS'e vir 7 Mei 2018
SMS'e vir 7 Mei 2018

SMS'e vir 7 Mei 2018

"Dis geen klaaglied nie."
Mandy Rittmann
Ek ry toe op die vakansiedag so bietjie rond hier rondom Ondangwa om na die waterblomme in die shonas te kyk. Sien toe dat die dorpsraad besig is om nuwe erwe te diens. Nuwe paaie (strate) is aangelê, lamppale geplant, maar o wee! Dis reg binne-in van die shonas. Op party plekke is dit net die paaie wat bokant die water uitsteek en die lamppale staan kniediep in die water. Praat van kortsigtig! Wee die arme mense wat daar huise gaan opsit. – Jan Nel

Die arrogansie van Swapo se vroueleiers sal nog baie van ons uit hierdie party laat loop. Baie van ons in Hardap het gedink dit sou beter met vroue in beheer gaan, maar dié tonge en die skinder. Daar is so baie geleerde en geletterde vroue en ek kan nie verstaan waarom ons juis uit Gibeon soveel vroue geneem het wat nou haat na die politiek van Swapo in die Hardapstreek gebring het.

Swapo-raadslede van Koës se nedersettingsraad word gering deur die uitvoerende beampte, sodoende dat hulle nie eens antwoorde aan die gemeenskap kan verskaf oor die besluite wat hulle geneem het nie.

Dink net, die huis se vensters vibreer, ons gryp na watte, stop ore toe as karre met “heavy sound systems” voor of langs ons huise parkeer . Teen die tyd wat “City Police” opdaag, is die kar weg. Die vraag is, moet die kar met klippe bestook word of is daar wettige maatreëls om die uiterste provokasie te beheer?

I want to no what can I do if some person don’t want to pay me for my job. I have said can us make a plan to give it to the Labour but the person says he is not afraid of the Labour.

Dit is baie hartseerlik om altyd sleg van iemand te praat. Veral ons vrouens wat sleg praat oor mans. Ons self staan met lelike dinge, soos liggame verkoop, kinders weggooi. As man of vrou misdaad gepleeg het, dan moet die polisie die persoon vang en toesluit sodat hy/sy voor die hof kom. So ons vrouens moet oppas met dit wat ons mee besig is. Amen.

Die geld stelery by Gochas Village Council, hoekom word dit so geheim gehou? Terwyl andere se stelery so vinnig versprei en so hof toe gesleep was, wat nou gemaak met die dief? God slaap nie.

Die aktiviste van Swakopmund wat die karnaval wil stop en die monument wil afbreek. Gaan kyk hoe lyk die Katutura-hospitaal, gaan luister na jul feeste. Meng ons in met julle feeste en monumente en grafte? Hoekom wil julle so kleingeestig wees. Bepaal jul by goed wat die land kan help opbou en van kos voorsien.

Swapo is nie 'n Owambo-party nie, Oshiwambos is net 'n minderheid in Namibië. Ek, die skrywer, is van die Damara-nasie en van Swapo. Dankie, Chris Ott

Kan Pick n Pay, Mr. Price en Fashion World tog nie asseblief by Rehoboth Mall oopmaak nie. Daar is leë plekke wat benut kan word. Groot asseblief! Ons het dit nodig in Rehoboth.

Ek hoop van harte laat Republikein die SMS gaan publiseer. Dis geen klaaglied nie. Net die "opposite". Ek gaan mos toe Vrydag 27 April 2018 na die beroemde kuierplek, Melktert, toe, en die aand was aangenaam. Veral met daardie twee vriendelike “bar ladies.” Thumbs up meisies, hou so aan! Hou die "smiles" op die lippies en die dans om die heupies! Ek gaan absoluut weer by julle gaan kuier! - Johan

So, geagte Shoprite Checkers se mediaspan, gaan ons (jul kliënte) gedurig op die uitkyk moet wees dat jul rakpryse akkuraat is? Ek skryf hier van die padkos as ’n voorbeeld. Dis mos nie ons werk om seker te maak dat jul rakpryse akkuraat moet wees nie, of hoe verstaan ek die wêreld nou?

Wanneer sal die ouers van die kinders wat hier in Blok F met daardie rooi motorfiets so in die straat rond jaag met hulle praat? Hulle is ‘n probleem.

Found ID of Imene Hanna No 7609 11 00262. Call 081 799 8145.

Kommentaar

Republikein 2026-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer