SMS'e vir 6 Oktober 2017
SMS'e vir 6 Oktober 2017

SMS'e vir 6 Oktober 2017

“. . .pragtige land en diere. . .”
Mandy Rittmann
Ek dink Namibië het sy balans en orde verloor. Buitelanders kom en gaan en maak geld soos hulle wil en ons boorlinge kan niks vir ons kinders nalaat nie.

Dit is tyd dat Katrina Hanse-Himarwa vasgevat word. Ek vertrou dat die ACC hierdie keer ernstig met die beweerde klagtes is. Dit is ’n skande dat mens so van jou posisie misbruik kan maak. En sy en Yvonne. “When thieves fall out”?

Ons was nou die dag onderweg in die Suide van Namibië en het die natuurskoon baie geniet. Ons het ’n pragtige land en diere, maar kom dit by die mense en hul dorpe dan wil jy naar word van die vullis wat orals rondwaai en gestrooi lê. Hoe kan hulle lewe met so baie vullis om hulle? Leer die ouers nie hul kinders meer van skoonheid? Asseblief mense, maak tog jul dorpe skoon en hou dit skoon. Dankie.

Ons almal sien die verskriklike ongelukke op ons paaie en Namibië word beskou as ’n land met van die hoogste motorongelukke ter wêreld. Natuurlik in verhouding met ons bevolking. Die regering en private instellings het al verskeie veldtogte afsonderlik en gesamentlik geloods, maar sonder noemenswaardige sukses. Kan elke motoreienaar nie verplig word om ’n paneelbordkamera te installeer nie? Motorassuransiemaatskappye en die regering kan die hope gelde wat hulle op veiligheidsveldtogte spandeer gebruik om die motoreienaars te subsidieer en eienaars kan self bietjie afslag op hul hemel hoë premies by hul versekering kry, sou so ’n kamera geïnstalleer word. Dink net uit hoeveel hoeke ’n ongeluk gesien kan word en dink net hoeveel oë op bestuurders gaan wees? Ek glo bestuurders sal twee keer dink voor hulle ’n verkeerde ding doen, omdat so baie bewyse voorsien kan word sou dit tot ’n ongeluk lei.

Julle sal asseblief ’n minister na hierdie staatshospitaal in Katutura toe moet stuur. Hier heers ’n chaotiese toestand. Hier is een pragtige Kubaanse dokter en hy werk hom dood. Hier is een dokter vir ’n menigte pasiënte. Die oumense en moeders met kinders kry geen voorkeure soos ons president gesê het nie. Ek sit met foto’s as bewys indien ’n minister daarna wil kyk. Ek het dit aan mnr. Ihuhua gerapporteer en hy het werk daarvan gemaak, maar toe hy sy rug draai toe verval alles weer.

Ons kyk nie eers NBC nie. Wel DStv en daarvoor betaal ons graag. Die diens is goed.

School pregnancies: 400 girls impregnated by teachers in Omusati alone. How many in the rest of Namibia? And what happens to the teachers? Absolutely nothing! How many of those are raoes? They should be procecuted, fired and barred from schools or teaching for life by Education Ministry.

Wanneer sal ons bevoegte mense kry in die binnelandse sake-kantoor op Tsumeb en ook sommer krag, sodat die rekenaars kan werk. Reëling is blykbaar dat indien ’n persoon aansoek doen vir ’n nuwe ID moet jy ’n afskrif van die ou ID ingee. Nou is daar ouers wie se kind moet eksamen skryf en hulle moet ’n ID of bewys van aansoek hê vir die eksamenregistrasie. Die kind is jonk en het nog nooit ’n ID gehad nie, maar die beampte hou voet by stuk dat sy ’n afskrif wil hê. Dit is so donker in die plek dat die mense nie kan sien wat jy skryf nie en so word mense se tyd gemors, want niks werk nie en die mense agter die toonbank werk ook nie.

Ek wil net vriendelik vra of die bome in die rivier van Nama, Herero en Dolam nie weer kan skoongemaak word nie. Onskuldige persone word nou daar in daardie rivier aangeval. Dis waar skoolkinders en werkende mense elke dag beweeg. Dit raak ’n probleem. Twee kinders se rugsakke met skoene is daar afgevat, wat ek gesien het 06:00. Waar kry die ouer weer geld vir al die goed wat afgevat is? ’n Vrou se handsak is deur vier mans afgevat. My vraag is, wanneer is die dag wat hulle ons lewe sal afvat?

Wil net weet of ons land nog op die regte koers is. Hoekom laat ons regering toe dat kinders in die openbaar “hupply bubly” rook? Is daardie euwel toelaatbaar in Namibië?

Ek het ’n groot probleem. Die werkgewers! Asseblief, betaal tog einde van die maand julle werkers. Hulle werk heel maand hard, maar moet wag vir hul geld. Ek moet woonstel betaal, dis al die 5de. Gelukkig is die vrou wat ek by huur ’n mens wat menslik is. Asseblief, gee jou werker dit wat hy of sy toe kom. Sy ma en kind wag.

Ek is ’n liefhebber van die legende Drogba. Ek het ’n voël hoor fluit dat hy vir die kindertjies van Namibië geld gelos het na die advertensie van die bier. Wat het geword van daardie geld? Ek vra maar net, want dis net ’n doodse stilte, of is daardie geld ook verduister of gegom? Huuu eto!

Die Republikein 5 Oktober 2017. Ek weet nie so mooi! Daar is nie geld om agterstallige werk klaar te maak nie, maar as daar nie genoeg lig is moet daar 40 miljoen geneem word.

Verstaan nie hoe al die mense met groot, duur motors nog op die selfone sit? Weet hulle nie hul het "bluetooth" bygekry of verduidelik die verkoopsmanne nie hoe dit werk nie? Wat ek betwyfel. Selfoongebruik van bestuurders is weer die norm van die dag?

Human and wildlife conflict: There is no way a lion will kill 14 goats for sports or teach their cubs, only humans are that cruel! Never forget that humans are encroaching into wildlife territory more and more. So if humans want to farm in wildlife territory, they should build secure kraals for keeping them at night not just 3 stick fences. The internet is full of innovative, proven ideas. I googled and emailed internet sites to NWR more than once but guess what, nobody was interested, no response!

Agree that corruption along with incompetence, miss management and self enrichment all with no consequences or prosecution are the biggest contributers of Namibia downward spiral at top speed! And the goverment is doing absolutely nothing to stop any of it! What does that spell out?

God created according to Genesis 1:26 what is termed in Hebrew as Adam and if translated correctly it means humankind. God did not created a single man known as Adam but the human race. It means when Cain fled in Genesis 4:16 he met other people who were also created by God.

Die landelike watervoorsiening van Karibib, julle kan maar jul kantore in Karibib toemaak. Daar is mense wat ’n salaris ontvang, maar niemand om ’n telefoon op te tel nie. So word die belastingbetaler se geld gemors. Hoop hulle lewe nog.

Verneem Joos se operasie was ’n sukses. Sterkte op jou herstel. Bid steeds vir jou.

Hoe is dit moontlik dat net ’n sekere groep motors wen met MTC se kompetisie?

Kommentaar

Republikein 2026-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer