SMS'e vir 6 Mei 2021
"... waarom dit nodig is . . ."
Kan die City of Windhoek asseblief ’n volledige lys van die verskeie afdelings by die CoW saamstel en die aantal werknemers by elke afdeling? Publiseer asseblief hierdie lys in die koerante sodat CoW se rate payers kan sien waarom dit nodig is om kort kort kontrakteurs op tender aan te stel om werk te doen wat veronderstel is om deur CoW se werkers gedoen te word.
Spoedwalle by Otjiwarongo. Die opdrag daarvoor het seker van dieselfde geestelik versteurde persoon gekom wat die 30 km/h spoedbeperkingsborde buite Okahandja vanaf Otjiwarongo gemagtig het. As jy groot ongelukke wil sien, dan moet jy skielik daar spoed verminder na 30 as iemand agter jou ry. Wat ’n lagwekkende spul.
My mede-burgers, ek soek tog dringend ’n rolstoel vir ’n enkelma wie se een been onlangs geamputeer is. Asseblief, as enigiemand kan help sal dit hoogs waardeer word. - Anita, 081 811 1135
Dankie vir ons regering en die mense wat ons sop en brood gee in Usakos op pay dag. Ons in Usakos seën julle.
Rooies Mostert, hoeveel mense het jy ingeloop? Ons was een van die baie. Daar is iemand daar bo wat mooi slaap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie