SMS'e vir 6 Mei 2020
". . . die wyse besluit . . ."
Lande hoort vergelykende statistieke oor sterftes vry te stel. Hoe vergelyk Maart 2020 met Maart 2019 en 2018? Hoeveel van die syfers wat ons hoor, is werklik Covid-19-gevalle? Hoe lyk Namibië se syfers? Amptenare moet opskud en publiseer.
Baie dankie aan ons president vir die wyse besluit wat u geneem het aangaande die drankwinkels wat steeds toe is. Daar is net iets wat my pla: daar is steeds mense wat dronk gesien word. Ek hoop nie daar is mense wat skelm drank verkoop nie. Onthou, ons probeer om die coronavirus te beveg. As u drank aan mense voorsien, is dit net so goed u pleeg moord. Dink twee keer voor u dit doen, u sal eendag rekenskap moet gee.
Ja, hoe wil ons ’n nasie bou as ons voortdurend onder die invloed van drank is? Dis moord, verkragting, inbrake, kinders wat in sjebeens grootgemaak word. Die arme kinders dink dit moet so wees dat ouers tot voordagure nog by sjebeens is, daarom gaan hulle ook maar soontoe. Dis tyd om te vra waarheen is ons op pad.
Elke dag en in elke koerant lees ons van meer mense wat kla oor iets nuuts waarmee ons korrupte regering bedrog pleeg of ons geld mors en ons kry geen hulp of geld wat die staat ons skuld nie. Hoekom doen ons nie iets nie, mense? Dis al wat die soustrein verstaan, maar dan moet ons saamstaan ongeag ras of kleur. Kom ons staan saam of ons gaan almal saam onder.
Swapo was al die jare meesters van fopnuus. Hulle het in duur hotelle se sitkamers oorsee gesit en nuus verkondig wat hulle wens in Namibië moet gebeur, asof dit reeds gebeur het.
Op 30 April 2020 kondig die president die fases af rakende die coronavirus. In Walvisbaai word 'n boodskap versprei almal moet vanaf 2 Mei 2020 maskers by die mall dra en kinders word in die mall verbied. Die nuwe fase begin eers op 5 Mei. Waar kom hierdie stelsel oor ’n langnaweek vandaan en waar kry die publiek so vinnig oor ’n naweek die maskers te koop om te dra?
Ek het lanklaas gewerk. Kan partedepartemente en voertuighandelaars parte invoer, sodat ek kan werk? Niemand help nie. So lig ons in.
Ek wil vir Ernst Hashagen (Republikein van 5 Maart 2020, "Ons hoop vir nuwe oplossings") eerstens gelukwens met sy insiggewende en sinvolle brief. Tweedens wil ek hom komplimenteer met sy suiwer, welbesproke Afrikaans. Ernst, my vriend, jy lyk na die regte stoffasie vir ’n president of minister.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie