SMS'e vir 6 Maart 2017
SMS'e vir 6 Maart 2017

SMS'e vir 6 Maart 2017

“. . . amper ’n biljoen se 'bailout'?”
Gerine Hoff
A nee a, TransNamib vra al weer amper 'n miljard+ se “bailout”? Dit gaan nou al 26 jaar so by ALLE staatsbesighede. Wanneer gaan hulle vasgevat word vir wanbestuur? Dit sal vir altyd so aangaan onder Swapo-regering omdat niemand verantwoordelik gehou word nie. Viva Harambee!



Ek haal Geingob aan: Ons het so drie maande se invoerdekking. Ja, danksy N$8 miljard van die staatsamptenare se pensioenfonds!



Oom Calle, wees asseblief ons pensionarisse genadig met belasting.



Walvis streets under water – don't know about other towns, but Swakop streets have no drainage at all, municipality engineering failure. Boggles the mind!



Mense! Ek huur 'n plekkie in 'n plek vir baie, maar wanneer dit reën, lek die dak orals. Ek swem letterlik. Orals het ek houers vir water opvang om plante nat te maak. Die verf teen die muur maak blase, vol van die water. Het met 'n speld oopgesteek dat die water kan uitloop. Tot orals op die vloer is water. Maar wanneer dit by die betaling kom, die huur en “levy” en wat ookal, moet die tjieng gegooi word. Gaan net oor daai tjieng. Word vertel dat “eers ná” die reëntyd die dak geseël of gewat kan word. Daar moet iets wees wat nou gebruik kan word om die dak te seël of dalk . . . kostes? Die wetenskap is mos al ver gevorderd, of is die meneer te dom om iets uit te vind om dakke te seël as dit reent? As ek hier heengaan as gevolg van 'n elektriese “short”, sal ek hier spook dat dit bars!



Seriously! One scandal after the other. Now Home Affairs / SME bank scandal / foreign employees not qualified for their jobs which locals can do and home affairs not checking on work permit expiries / SME dubious investments / ALL govt businesses mismanaged and getting bailouts year after year – the list is endless. If only government would admit they are not capable or willing to stamp out corruption and annually wasting billions of dollars on failed and incompetent parastatals. Just by the way: is any minister / official qualified for his job?



Al die mense wat in Ozondjie in Omaruru woon, hou die honde in die huis asseblief.



Jy wat sê Basters skaam julle, RTC het so baie werkers dat hulle begin om dorp skoon te maak. Hulle sit die hele dag wat hulle by werk is net rond, maak nie eens RTC se “yard” skoon wat teen die B1 “high road” geleë is nie. Groetnis, Great Uncle, Rehoboth



Bedel of wat? Ouma vra by ander mense met 'n ompad vir haar kleinkind medisyne. Wat maak die pa en sy ma?



Municipality of Swakop: The Mole area / sea front is an embarrassment. Swakop is THE sea / holiday resort, yet only has blue plastic public toilets for beachgoers, no cabinets to change in. It is scandalous! Some water drainage flowing out of the wall into the beach and stinks! Cafe has no inside toilet, which is a health requirement for all restaurants / cafes. Outside toilet is a disgrace and stinks. Playground is same as it was in the 1950s and misused by teenagers.



Ek het onlangs 'n SMS gelees oor restaurante of kokke wat nie weet wat “rare” of “medium rare” beteken nie. 'n Kok sê my ander dag ek is die eerste een wat dié jaar nog kla. My vraag is nou: lieg die kok? Weet ons mense nie wat hulle bestel nie of is almal te skaam om te kla?



Madam Moola (949): Is this game real? I have been playing since 2010 but have won nothing yet. All I get is your sweet words. This is a very expensive game in Namibia, N$5 per SMS. Now verify 081 367 466# through your machine, see how many times I've played and see how much money I've wasted. And what happened to your style of showing your winners' images and town they are from in the newspapers?



Usakos Oasis Shell: 28 Februarie en 1 Maart was ek daar. Uitstekende diens van die “cashier”. Hulle was net twee, maar uitstekend. Hou aan dames, kleintjie en die groot goue dames. Dankie, julle twee.



Ek soek 'n kaart wat die straatname van die verskillende woonbuurte aandui. Waar kan ek dit koop?



Die Here sê pas jou op en ek sal jou oppas. Die Here sê vlug van die wêreld se dinge; tel op die kruis en volg my.



Ek is op soek na die outydse room- of melkkanne. Ek wil dit vir 'n goeie doel gebruik. Enige groottes welkom. Baie dankie.



Geluk aan my seun, Algenic de Klerk, van Jan Möhr met die ­prestasie om die posisie as spanbestuurder vir die Namibiese o.18 rugbyspan te beklee. Mammie is baie trots op jou! From a shepherd boy to a king. It is only by the grace of God. That's why I will praise and worship His name.



Wil graag my dank teenoor Eddie van die Puma-karwassery op Hentiesbaai uitspreek. Puik diens, seun, hou so aan! 'n Baie tevrede pensioenaris! – Tannie Karien



Kan iemand asseblief help met 'n resep vir konfyt met tamaties? Dankie by voorbaat.



Teleshop Rundu is darem pateties! Elke dag is daar nuwe onvriendelike, onbehulpsame mense. Kan ons asseblief vir Mervyn Anderson terugkry? Hy was ten minste baie behulpsaam – of jy nou ná ure of naweke 'n probleem gehad het, hy het gesorg vir sy kliënte.



As die Windhoek Express nie bereid is om hul artikels in Afrikaans te ­publiseer nie, moet dit asseblief uit Republikein weggelaat word. Ons koop die koerant vir nuus in Afrikaans.



Mnr. Edmund de Waal by Home Affairs in Karasburg: Baie dankie vir vriendelike en stiptelike diens wat u altyd lewer. 'n Mens kan sien u werk is vir u belangrik. Dit word opreg waardeer.

Kommentaar

Republikein 2025-10-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer