SMS'e vir 6 Februarie 2019
SMS'e vir 6 Februarie 2019

SMS'e vir 6 Februarie 2019

". . . hoe baie boeke . . ."
Mandy Rittmann
Moedertaalonderrig kan asseblief net terugkom! Dan sal uitslae baie beter lyk aan die einde van die jaar. Hulle moet ook die stelsel minder verander. Weet u hoe baie boeke is in die 29 jaar gedruk, wat die volgende jaar nutteloos is. Dit kom daarvan dat die leerplan elke keer verander. Gaan kyk in skole se pakstore na die vermorsing van boeke wat nie kan gebruik word nie. Kry die regte mense vir onderwys!

Die besighede wat nie belasting betaal nie sal moet pa staan vir hulle dade. Ons wurg, dit gaan baie moeilik! Besighede maak nou een vir een toe, want die Chinese roei ons uit. Regering het gefail. Hulle kan nie werk skep nie. Pondokkies staan soos paddastoele. Om te regeer sit nie in enige ou se skoene nie.

Suid-Afrikaners wat met goedgunstige vergunning vir werkspermitte of -visums in Namibië werk, moet hulself ordentlik gedra. Namibiërs kan nie toelaat dat buitelanders hul in hul eie land kom boelie en teister, totdat hulle uit hul werk bedank nie. Onthou, ons Ombudsman is net ’n oproep ver.

Ek het gehoor City of Windhoek staan ’n N$86 miljoen kontrak toe aan iemand wat voorman is by ’n maatskappy wat die werk vir 2 jaar gedoen het by City of Windhoek. Ek daag hul uit om te sê of daardie maatskappy se werk op standaard was. Honderde foto’s en werksplekke kan uitgewys word.

Aandag Bishop //Gamxamub en baie skokkend! Ouderling en gemeentelede in ’n geveg (Epifanie Parogie).

Workers aggrieved by corruption, fraud, theft, tribalism and favoritism of management at City are deeply troubled by Hage's interference. How do you resolve these matters, without investigating?

3-rigtingstop by Kubata. Geen ongelukke, almal glip deur en die verkeersvloei is goed. Jy moet net wakker ry. Die verkeerspolisie ry net voor en agter die VIP’s.

Ekonolux busdiens. Hoe kry julle busdrywer dit reg om kwart voor agt in spitsverkeer by ’n groen verkeerslig te stop om een persoon af te laai en amper ’n groot ongeluk te veroorsaak. Vanoggend in Frankie Fredericks-laan by die verkeerslig waar Virgin Active is. Die persoon wat afklim het ook die wêreld se tyd gehad.

Leserfoto’s: Wow, wat se blom is dit mnr. Mautschke?

Jy, seun van Damara 7, wat my huis 3uur in die oggend met klippe gegooi het, ek bid vir jou vir geen rede. God slaap nie!

Help asseblief, ek is raadop! Ek besit ’n Nissan Hardbody V6 wat onlangs ’n rukkery ontwikkel het wanneer ek ry, veral op die lae ratte. Na 5 herstelsessies en ’n aardige rekening by die experts, ruk my bakkie nog lustig voort. Is daar nog bakkie-eienaars wat dieselfde ervaar het en die probleem uitgesorteer het? Laat weet tog die kontakbesonderhede van die engel wat uitgehelp het. Byvoorbaat dank.

Op soek na Frans van Staden, 75 jaar. Dis in verband met sy suster, Doortjie van Staden. As u enige inligting het, skakel my asseblief by 081 447 9083. Baie dankie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer