SMS'e vir 6 April 2017
SMS'e vir 6 April 2017

SMS'e vir 6 April 2017

“...gooi alles in die vullisblik (rommelstatus)...
Mandy Rittmann
Ovitoto-moorde: hoe kan dit agt jaar vat vir hofsaak en vonnis? Wat is verkeerd met ons polisie en regstelsel?



Psemas - 13 afhanlikes? Dis nie moontlik nie! Dan moet dit óf soveel kinders met verskillende pa's en ma's wees, óf ooms, tantes, niggies en neefs. Dit mag mos nie? Ek is 'n eerlike enkeling en gaan nie vir enige siekte doker toe nie. Net ernstige of noodgevalle! Stel maar ondersoek in en kom agter die kap van die byl.



Hoe kan die gemiddelde hoeveelheid afhanlikes van Psemas 13 wees? Onmoontlik!



Julle parlementariërs, om iets soos tyd wat in dag besluit en ingestel is, te verander, neem nou twee jaar. Skande vir die Namibiese nasie.



Aangesien ons met die wintertyd moet saamlewe, kan Stad Windhoek die verkeersligte dan ook verander? Drie fases help nie in spitstyd in Robert Mugaberylaan nie as dit aan die somertyd gekoppel bly nie.



Windhoek munisipaliteit se bouregulasies. Voor iemand eiendom kan verkoop, moet hy/sy 'n bouregulasie volgens 'n goedgekeurde bouplan kry. Maar as jou plan goedgekeur was volgens 1966 se regulasies, kan julle vervolgsugtige inspekteurs mos nie nou die bouplanne afkeur aan die hand van 2017 se regulasies nie?



Okahandja-munisipaliteit, kry julle ons nie jammer in Domlokasie nie? Dit is nie van vanjaar wat ons met water sukkel. Waterpype is klaar aangelê, maar nou moet ons wag vir eendag wat julle besluit om krane in die lokasie in te sit. Asseblief, ons skep ver water. Ons moet die mense betaal wat gratis water kry omdat dit vir ons naby is. Maak haas, kry ons jammer, groot asseblief.



Suid-Afrika was 'n land van welvaart onder kundige bestuur. Die bestuur het drie dinge verstaan: organisasie, administrasie en dissipline. Dit het gelei tot welvaart vir almal. Toe kom die onkunde en gooi alles in die vullisblik (rommelstatus). Chinxau (SA) uitverkoop! Nageslagte en hulle toekoms in sy maai.



Hoof uitvoerende beampte van Otjiwaringo-munisipaliteit, van wanneer af geld julle dorpsbeplanning net vir gewone inwoners, maar nie vir mense wat die hoës ken nie? En hoekom kan regeringskantore op 'n woonerf bou, maar nie die gewone mens net langsaan nie?



Farmers produce meat which takes months/years. Abattoir prices: beef 33.04 kg, mutton 37.00 kg, so what justifies the horrendous meat prices in the supermarkets, up to 400% ? How many inbetweeners get rich in seconds? Where is price control please?



Hongersnood raak miljoene. Ek verstaan nie hoe mense nog een kind na die ander kry, wetend dat die kind gaan ly nie? Gaan my verstand te bowe! En die wêreld moet help? Vat self verantwoordelikheid en kry behoedinspuitings, die wêreld skuld niemand niks.



Ek haal my hoed af vir vegetariërs. Ek is op pad soontoe!



Kardinaal John H. Newman het gesê: “Cruelty to animals is as if men don't love God.” Ghandi het bygevoeg en ook gesê: “A society is known by the way it treats it animals.” Sommige mense slag en mishandel egter diere wat ander mense as troeteldiere aanhou sonder enige emosie van watter aard ookal. Dit sê en spreek mos boekdele oor sommige mense, dan nie? - SAP&H



Die prokureur-generaal (PG) is weer verkeerd bewys deur die president by die hooggeregshof, net soos by AR-saga toe PG polisie wou gebruik. Die PG was ook verkeerd oor die nuwe parlementsgebou. Die PG was ook deur die media ombudsman verkeerd bewys. Nou beweer die PG apartheid-era wette rondom immuniteit kan herleef word. Namibië moet mnr. Shanghala as PG vervang om bevoegdheid te bevorder.



Petuniastraat se dwelmverkope. Die afgelope naweek was dit weer aan in Japan, heel naweek nie geslaap nie. Die nuutste is dat die dwelmgebruikers nou in Papawerstraat parkeer en dan loop hulle dwelmhuis toe. Sal dit ooit end kry? Here, help ons.



Mev. Chris van Rehoboth-Wes streeksraad is reg. U handhaaf wet en orde by die Social House deur mense te laat uitgaan wat nie daar hoort nie. En dra tog die boodskap oor aan die oumense wat hul huise verkoop en daar gaan plek soek. Daar is nie plek vir dié mense nie, asseblief.



Meneer in Pionierspark Ext 1, jy het laas jaar in die nag briewe in ons hekke gesteek wat sê jy rehabiliteer jou voëls. Die voëls raas. Hoop jy het jou voëls se klok ook aangedraai nou wat die tyd ook verander het. Ons wil nie vroegoggend wakker gemaak word nie. Maak plan, kry vir jou 'n plot en vat jou diere daarheen.



Hy's nie alleen verantwoordelik vir watermeters nie, of die skrywer ken nie Rehoboth se situasie nie. Wanneer kom die saak weer voor in hof oor korrupsie van amptenare.



Wil graag 'n pluimpie gee aan 'n oom wat by die hoërskoolkoshuis werk in Gibeon. Ek's 'n ouer daar en sien hoe hard hy werk. Ons waardeer wat jy vir ons kinders doen. Jy is altyd daar wanneer ons met probleme kom, al sien mense nie wat jy doen. Maar God sien, en jy is geseën.



Waarom wil wit Afrikaners dinge altyd anders in onse Afrika hê? Ek dink dis hoog tyd dat die spreekwoord as jy in Rome is, doen jy dit soos die Romeine, hier begin geld. - Geelvol



The lottery bill is a bad bill. It contains lots of secrecies and gives its revenues to another strange development fund.

Julle praat van kol. Gert Naude, Sterk Hans Dreyer en Joos Platt. Gert was my bevelvoerder - die mees gedissiplineerde polisieman van daardie tyd. - Lood Viljoen

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer