SMS''e vir 5 September 2016
"aandag soek, eensaamheid of egoïsme?"
Wil kla oor die misbruik van sosiale media waar mense onnodige en uiters persoonlike inligting met ander deel. Wat is die dryfveer daarvoor? Is dit aandag soek, eensaamheid of egoïsme? Wil graag net weet.
Defamation of character: dis publisering of skending van die goeie naam of reputasie van iemand anders onregverdiglik. Hou op om dit op Facebook te doen. Jy kan vervolg word!
I.v.m. die ondersoek by Pionierspark Laerskool. Dis een van die min skole wie se finansiële verslae in orde is. Die ministerie het die verkeerde skool onder die vergrootglas.
Dis so hartseer dat ons ons mense na internasionale byeenkomste stuur met geen of min ondersteuning, of dit nou atlete of mejuffrou Namibië is, dit is maar dieselfde storie.
Mag die Here ons Oom Hage Geingob, ons president, & sy mense seën dat hy lig in die duisternis laat inskyn. Mag die Here die mense wat die ondersoeke doen seën met wysheid, kennis & goeie oordeel dat ons land onder die vloek van corruption kan uitkom & in God se volle seën kan kom. Kom ons bid vir al ons eerlike staatsamptenare wat besig is met die groot werk om alle corruption aan die lig te stel. Halleluja, daar is hoop vir Namibië.
Ek dink die minister van plaaslike owerhede kan maar by al die dorpe in die land begin inspeksies doen voor dit te laat is. Alles is ten gronde of buite werking. Ek bly op Stampriet en die rioolpyp lek in die rivier al maande, wat meebring dit sak in in die grond in en dan pomp Stampriet Village Council dit weer uit en ons drink die rioolwater.
Ek sien kort-kort kla inwoners oor Rehoboth en Okahandja munisipaliteite. Wel, Grootfontein is nie beter nie. Hulle sê daar is nie geld om nuwe masjienerie te koop nie, maar dan het die hele raad en al die departementshoofde twee weke gelede vir 'n week Swakop toe gery vir 'n beplanningsvergadering terwyl daar genoeg fasiliteite in Grootfontein is. Net om S&T te kry en dit het die raad duisende dollars gekos het. Eintlik die inwoners se geld. Is dit reg so?
As ons kyk na wat die pryse is wat die boere kry per kg en wat ons in die winkels betaal, is dit duidelik dat ons as verbruikers openlik besteel word.
Kan Gobabis munisipaliteit asseblief verduidelik wat is 'n "previously disadvantaged Namibian Company" soos vereis in hul advertensie in Republikein (1/09/16, p. 44).
It has just gone amazingly quiet about the 23 million lost in the Kora scandal. Is this another case of these corrupt things being swept under the carpet? And then the minister poses in every newspaper as if nothing happened. Now in real democracies there would have been consequences. Brazil at least took some action.
Nantu gee onderwysers hul 5%. Ons wil nederig ons kinders bystaan dat hulle sukses behaal. Ons wil in vrede die jaar afsluit asb. Nie tyd vir verkiesings nie.
Okahandja beslis 'n ashoop terwyl die fat cats al ronder en blinker word. In die 6 jaar wat ek hier is, lê daardie tyd se vullis nog net so. Die inwoners gee ook nie meer om nie, hulle pas aan by die fat cats. As die minister oor munisipaliteite iets in haar het, daag ek haar uit om Okahandja te besoek. Strate in die armer buurt op plekke so vuil dat die straat geblok is. Ons, die inwoners aanvaar maar die gemors. Tog jammer. – Lood
As die ministerie ook net betyds die onderwysers van die spogskool Pionierspark Primêr betaal, dan sal dit geensins nodig wees vir die skool om sagte lenings te voorsien nie. In geen ander sektor werk mense sonder vergoeding nie. Waarom in onderwys?
Ek stem saam, Hennie Smit. Land Rover is 'n fantastiese motor!!! Ook een gehad.
Geskryf van vier rigtingstop wat verontagsaam word, verkeersligte werk ook nie!!!! Alle padreëls en -tekens word eenvoudig verontagsaam. Het ons ooit nog verkeersbeamtes?
Moenie //goa!haob kanselleer nie, dit was vir 'n goeie doel, om die dorp se mense te help, maar sê liewer moet dit nie eers vir Suide gee nie, sal ek sê. - K K
Mr Michael Shipanga, we the children of New Hope Daycare thank you for your kind donation. You are a real good Samaritan. May god bless you!!!
Aggeneeeeeee, Republikein. Kyk, ek is trots op julle as 'n pragtige Afrikaanse koerant in ons mooi land, maar op Lentedag kon julle sekerlik beter doen met die lesersfoto's? Wat van liewer jul mooiste natuurfoto's, blomme, reën, als wat positief is? En dan gou ietsie in jul oor fluister. Moenie op so 'n mooi dag al die ou gewone SMS'e plaas van al die ou moungatte in ons land nie. Kom ons skep 'n Lentedag-tradisie amper soos Kersdag dat hierdie dag 'n herdenking van nuwe begin, groei en geur uit ons Skepper se hand is. Dalk net verander ons Skepper dan al ons ou landjie se probleme in blessings. Lentegroete.
Die Gochas polisie drink kop aan kop saam met jou. Ander oomblik word jy gearresteer vir dronk op straat deur 'n dronk polisieman. Nou wat van hom?
I am saddened at the unfortunate and regrettable isolated incidents in the great ELCRN. I pray to the owner Jesus the Lord to first lead our Bishops and crew to manifest the power of reconciliation by engaging in round table talks aimed at redeeming the glory of what ELCRN was during the yester years . . . A forgiving Church, a home to sinners, a place of joy and Godly happines. It is now the Kairos moment where everyone who wants things to come right should make efforts to assist in restoring the relationships without apportioning blame but by playing a part in helping to heal the wounds. And all of us are indebted to be peacemakers. - SMA
Is in besit van bestuurderslisensie van W. Ferreira. – 081 423 8005

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie