SMS'e vir 5 Maart
SMS'e vir 5 Maart

SMS'e vir 5 Maart

“Dan gaan ons na NIGGIE goete. . .”
Dani Booysen
“Dwerge kan by sport aanklop”, Vrydag 2/3/18. Sterkte aan mee. Petrus Kambo en Shivolo. Mag julle seëvier. Mag jul goeie voorbeeld ander klein mense aanmoedig om ook aan sport deel te neem. Werkgewers, kom help tog en bied vir hulle werk aan. Onthou, differently abled mense is gewoonlik eintlik baie able, asook so dankbaar om uiteindelik werk te kry dat hulle hoogs gemotiveerd is om hul vermoëns te bewys. – Patricia



So nou benodig Namibië amper 'n halftriljoen dollars om klimaatsverandering teen te werk? En ons val boots and all vir die slimstorie terwyl ons skole en hospitale verval en mense in algehele armoede leef.



NEEEF kon nie 'n meer beskrywende naam gehad het nie. Daar moet nou gesôrre word vir jou NEEEF, kleinneef, agterkleinneef en agteragterkleinneef. Dan gaan ons na NIGGIE-goete toe, ens. Onse NEEEF-goed ga' teenspoed ondervind indien hy nie ook begin loer na onse pa- en ma-goed nie. - Smallwheel



Spotprent 1 Maart: Lekker gelag oor NEEEF voor die deur. Loftie, dankie vir ons NEEEF.



NEEEF is vir seker daar vir mense wat te lui is om te werk vir wat hulle wil besit. Die regering het 27 jaar tyd gehad om die probleem op te los sonder NEEEF. Dan word daar nog N$45 miljoen gevat van belastingbetalers om 'n lodge te koop vir die weermag. Nie genoeg geld vir skole en hospitale? Sekerlik sou N$45 miljoen 'n verskil gemaak het as dit regverdig bestee was.



Agbare mnr. president, het u land net swart Namibiërs wat aan die agterspeen suig? Wat van die bruines wat nooit wit genoeg was en nou nie swart genoeg is nie?



Dis wat gebeur as daar nie meer skoolfonds betaal moet word nie. . . Geen geld vir skryfbehoeftes en om onderwysers te betaal nie.



Welgedaan, president John Magufuli van Tanzanië, met die afstel van onafhanklikheidsvieringe en die geld wat gespaar word, aanwend waar daar werklik nood is. Afrika-presidente, leer en volg jul broer se voorbeeld. Dit is hoe regeerders moet optree as hulle werklik omgee vir medelandsburgers.



Julle darem nog gelukkig om net N$113 000 en N$200 000 in te betaal. Voel vir my wat net knap by die N$300 000 per jaar in die water moet gooi. Bitter. . .



Rehoboth se welsyn se nalatigheid het veroorsaak dat my arme gestremde broer nie laas maand gepay het nie. Hul sê hy sal eers oor ses maande weer pay. Wat gebeur dan in dié tyd? Ek het hulp nodig, asseblief.



Hosea Kutako-lughawe, dis lankal tyd dat daai lughawe opgeknap word. Namibië is so bevoorreg dat hier al so baie vliegtuie kom land. Daar kan tog net 'n company na vore kom en ons lughawe ordentlik opknap dat 'n mens tog weer kan lus kry om te vlieg.



Die tyd het vir my aangebreek om my plaas aan 'n voorheen benadeelde persoon te verkoop. Hierdie persoon hana-hana al 10 maande en ek is al 10 maande gefrusteerd. As mense werklik wil grond aanskaf, behoort hulle te help om die verkoopproses te bespoedig. Dit gebeur nie in ons land nie.



Baie bekommerd oor die toekoms van die hawedorp Lüderitz. Wat doen die burgemeester en leiers? Het hulle dalk 'n idee wat die werklikheid is of is hulle net besig met politiek en droë kosse uitdeel?



Wanneer word dit tyd dat ministers en permanente sekretarisse volgens akademiese kwalifikasies aangestel word?



Geingob - Ministers to respond to allegations against them and if there are acts of impropriety or corruption the president (why him?) will draw conclusions and take remedial measures. Please, do you really think any corrupt or incompetent person/official will own up to his crimes? Those good old honest days are sadly long gone where people owned up and took responsibility for their action. The president should not draw conclusions. All allegations should be investigated and prosecuted by totally independent entities to eliminate cronyism and political protection.



EES se versoek vir 'n skoonmaakveldtog is 'n uitstekende idee. Die skoonmaakaksie kan ook siektes voorkom en skoon water is lewensnoodsaaklik vir elke mens en dier. Ons moet ons jeug se voorstelle ernstig opneem. Hulle is ons toekoms, ons hoop en ons grootste skat in die gemeenskap. Hul goeie en positiewe idees moet in ag geneem word. Ook as die versoek nie bewerkstellig kan word nie, is daar altyd 'n ander uitweg (opsie) om 'n projek te laat werk as daarvoor geld beskikbaar gemaak kan word. Dit sou wonderlik wees.



Gochas Village Council-tenders: Hoekom is die kragtender nie geadverteer nie? Die groot tender was N$3 miljoen. Het retensiegelde gekry. Nou weer dieselfde mense. ACC en minister, wat nou? Die raad speel vuil. Ons ken die deure. Die wiel draai, mense.



Ek wil weet by die leser in vandag se koerant 2/3/2018 of Air Namibia die enigste instansie is wat volgens hom/haar taxpayers-gelde mee uitgebail word. Wonder net waar bly jy? Wat van die kamma wildplaas wat nou gekoop was met taxpayers-gelde? Ek werk ook en betaal ook tax, meneer/mevrou. Hou asseblief op om altyd net te sê Air Namibia die en daai. Hoekom vlieg jy nie met SAA oorsee nie? Hulle is in elk geval meer bankkrot as Air Namibia. Of kyk jy nie SA nuus nie?



Onopgevoede mense is die probleem in ons samelewing. Dis onopgevoede mense wat rommel strooi en nie respek het vir homself en sy medemens nie. Dis baie duidelik die geval. Hou net op, mense.

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer