SMS'e vir 4 Junie 2021
SMS'e vir 4 Junie 2021

SMS'e vir 4 Junie 2021

"...nie 'n visie het nie..."
Mandy Rittmann
Sovêr ek weet en glo, het God die mag oor lewe en dood. Hy is in beheer. Hy is groter as corona! My lewe is in Sy hande. Nie in corona s'n nie. Niks sal gebeur sonder Sy wil nie. Ek vrees eerder vir God as vir corona.

Die behuisingsflop in Swakopmund is ook ’n groot deel die regering se skuld, as gevolg van swak kontrakbestuur. Die kontrak moes gestop gewees het voor dit so handuit geruk het. Nou moet belastingbetalers weer opdok.

Geagte minister van finansies. Jy moedig almal aan om op ITAS te registreer. Hoekom as jy ons geld skuld, sien mens net vir jare to be audited. Hoekom audit julle nie die opgawes waarop jy geld moet terugbetaal nie? Dis krimineel en ons as belastingbetalers moet dit maar net aanvaar. Antwoord ons vir ’n slag.

CoW, no Parks department, no sidewalk upkeep as long as automatic gates do not operate on the sidewalk side. People prefer walking in the street.

Gesondheidsbeamptes, munisipaliteite, natuurbeamptes en polisie, hoekom kan julle nie die kapanas kontrolleer nie?

Otavi word deur mense bestuur wat glad nie ’n visie het nie. Op dié dorpsgronde is die kap van bome en kolebesigheid toegelaat sonder enige studies om te sien watse invloed dit op die inwoners se gesondheid kan het. Dié houtkapper kap enige boom af. Hy brand bome en die rookwolke met die reuk omsingel die hele dorpie. Ou mense, kinders en almal se neuse loop van snot weens dié rook. Ons kla al soveel jare oor die stofstrate nou is dit die rook wat die gesondheid van die inwoners nog versleg.

Kapanas het tot vandag nog nooit ’n sent (belasting) bygedra tot die staatskas.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer